NEWS
Veekundige op studiebesoek aan Denemarke
Gerna
Herholdt, ‘n tegniese beampte by Veekundige Wetenskappe,
het in November 2004 die Deense Instituut vir Landbounavorsing
(DIAS) in Viborg, Denemarke besoek. Gedurende haar besoek
het sy ‘n weeklange kursus in Reproduksietegnieke voltooi
en nog twee weke in die Embriologie laboratorium gewerk. Sy
het ook die geleentheid gehad om die Kobenhavn Veterinêre
en Landbouuniversiteit te besoek. Hierdie geleentheid het
ook ten doel gehad om navorsingsbande tussen die Landbou-
en Bosboufakulteit en DIAS te smee. Mev. Herholdt sal weer
in Januarie na Kopenhagen vertrek vir ‘n internasionale
kongres oor embriooorplasing.



|