NEWS ARCHIVE
ASA Potjiekos kompetisie
Die Agri Studente Assosiasie (ASA) het op Vrydag 20 April
‘n potjiekos kompetisie gehou tussen die AgriWetenskappe
departemente se studente en personeel. Dit was ter afsluiting
van die ASA se bemarkingsweek. Departement Veekunde se personeel
het twee potjies ingeskryf – ‘n volstruisnek potjie
en ‘n kerrie skaappotjie. Veekunde se derde- en vierdejaars
het ook elk ‘n skaappotjie ingeskryf.
Die lekkerste pot vir die aand was gedeel deur twee departemente,
naamlik Wingerd- & Wynkunde se skaappot en Voedselwetenskap
se hoenderpot. Veekunde se kerrie skaappotjie-span het die
prys gewen vir die span wat die beoordelaars algeheel die
meeste be ї ndruk het en die vierdejaarstudente het
die prys gewen vir die span met die beste gees.

Vierdejaar studente wen spangees prys

Personeel wen prys vir beste algemene indruk
More
photos »
|