NEWS
Veekunde neem deel aan National Bussiness Challenge
Relay
Die Departement Veekundige Wetensakppe het vir die vierde
keer hierdie jaar aan die National Bussiness Challenge
Relay te Durbanville deelgeneem. Beide ‘n hardloop-
en stapspan is ingeskryf.
Die hardloopspan, genaam “Animal
Power”, het uit 6 deelnemers bestaan wat elk ‘n
afstand van 7 km moes aflê. Die totale afstand was
42 km vir die wedren, ‘n volle marathon. Die stapspan,
genaamd “Strolling Stones”, het uit 3 lede
bestaan wat elk ook ‘n afstand van 7 km moes aflê,
dus 21 km in totaal. “Animal Power” het 3
ure 20 minute geneem om die 47 km af te lê. Hulle
het 20ste van 51 spanne gekom en daarvoor ‘n silwer
medalje ontvang. Hulle het egter ook 1ste in hulle afsondelike
kategorie gekom wat hulle ‘n goue medalje laat verwerf
het.
“Strolling Stones” het 2 ure 47 minute
geneem om die 21 km af te lê, wat vir hulle ook ‘n
silwer medalje laat verwerf het.

|