Veekunde studente jaareindfunksie Veekunde het hierdie jaar vir die eerste keer ‘n
jaareindfunksie spesiaal vir hulle voor- en nagraadse studente
op Vrydag 1 Oktober gehou. Die tema van die dag was “Ride
the Bus!” en studente het saam met van die personeel
‘n bustoer op die “Opentop Bosch Bus” na
Kogelbaai meegemaak. Die somer is op vrolike wyse ingelyf
en studente het ‘n laaste blaaskans voor die November
eindeksamens gehad. Fotos hieronder.