|
||||||||
|
Die Departement Mikrobiologie, een van die oudstes in Suid-Afrika, by Stellenbosch Universiteit het ‘n trotse geskiedenis van amper 60 jaar! Die Departement van Plantpatologie en Mikrobiologie is gestig in 1950 onder die vaandel van die Fakulteit van Landbou. Gedurende 1961 het die twee departement verdeel en in 1997 het die departement na die Fakulteit van Natuurwetenskappe geskuif. Die Departement van Mikrobiologie het, tesame met die Departemente Biochemie en Genetika, by die nuutgeboude JC Smuts gebou ingetrek wat groot toegeruste laboratoriums en fasiliteite bevat het. Ons departement het 7 - 8 akademiese navorsers, wat elkeen hulle eie navorsingslaboratoriums het en wat verskeie molekulêre en algemene mikrobiologiese projekte uitvoer.
Daar is verskeie aanduidings wat die sterk navorsingsfokus van personeel en studente binne die departement reflekteer. Ons studentegetalle wissel soos volg: 10-12 BSc Honneurs, 30-35 MSc en 10-15 PhD studente wat registreer by die departement. Ons het ook 10 na-doktorale en ander navorsers wat ‘n totale komplement gee van 60-70 navorsers. Die Universiteit van Stellenbosch verskaf ‘n uitstekende infrastruktuur en personeellede van die departement ontvang goeie finansiële ondersteuning van wettige liggame soos die Nasionale Navorsingsinstituut (NNS), THRIP, die Mediese Navorsingsraad en die Water Navorsingskommissie. Ons navorsing word verder ondersteun deur middel van kontrakte en borge van die industrie en fondse van buitelandse instansies. Die Innovasiefonds en biotegnologie inisiatiewe soos die BRICs oortref ander bronne van befondsing met ‘n faktor of meer. Personeellede en studente lewer min of meer 25-35 navorsingsartikels per jaar en in kwaliteit gelykstaande aan internasionale artikels. Die konstante lewering van artikels en navorsingstudente word erken in die hoogste gemiddelde vlak van navorsingsevaluasies deur die NNS. Huidig het ses tot sewe personeellede navorsingsvaluasies (een A, drie B, een C en twee Y), terwyl die res van ons personeellede groot vordering toon in hulle onderskeie velde. Personeel van die departement is aktief in ‘n groot verskeidenheid nasionale en internasionale aktiwiteite. Dit sluit in funksies in as redakteur en lidmaatskap van redaksionele panele van joernale soos “Applied and Environmental Microbiology, Bio-deterioration & Biodegradation, International Journal of Food Microbiology and Microbial Ecology” en “ FEMS Microbiology Letter”. Personeellede dien op die Raad van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Mikrobiologie, die “Royal Society of South Africa” so wel as op komitee van die “International Union of Microbiology Societies (IUMS) en verskeie ander internasionale wetenskaplike komitees.
Mikrobiologie is die studie van mikroskopiese, klein, lewendige organisme soos swamme, alge, protosoë, bakterieë en virusse. Sommige vereis ‘n ligmikroskoop vir waarneming, maar maak ten minste 60% van alle lewe op die aarde uit,terwyl virusse net sigbaar is onder ‘n elektronmikroskoop wat 'n 20 000 x vergroting het en affekteer alle vorms van lewe op die aarde. Die studie van mikrobiologie is gerig op die toename van wetenskaplike kundigheid van hierdie mikroörganismes en help met die ontwikkeling van mediese-, veearts-, industriële-, omgewings- en ander praktiese aanwendings van hierdie kundigheid en tot die voordeel van die mensdom. Basiese eienskappe van mikroörganismes, insluitend hulle vorm, struktuur, fisiologie, groei, voortplanting en genetika word bestudeer in mikologie, ensiemologie, bakteriologie en molekulêre biologie van bakterieë, virusse en giste. Ander ondersoek die verbinding, aktiwiteite, ekologie, praktiese belang en kontrole van mikrobiese bevolkings van grond, water, voedsel, mens en dier. Wat is ‘n Mikrobioloog? ‘n Mikrobioloog kan in breë terme gedefinieer word as ‘n wetenskaplike wat lewende en soms aansteeklike organismes, waarvan baie slegs met behulp van ‘n mikroskoop gesien kan word, bestudeer. Mikrobioloë bestudeer ook die interaksies tussen mikroörganismes en die mens. Elke dag, regoor die werêld, doen mikrobioloë navorsing wat ons voortbestaan en ons lewens beïnvloed. Mikrobioloë se bevindings het groot navorsingswaarde en het ‘n direkte toepassing in die gesondheids-, landbou en omgewingswetenskappe en lewer ‘n betekenisvolle bydrae tot ons lewenskwaliteit. Mikrobioloë kombineer tegnieke vanuit genetika, biochemie, fisika, fisiologie, ekologie en patologie. Sommige mikrobiologiese deurbrake het ons lewens betekenisvol verander. Erkenning aan “Microbiology as a career”, gepubliseer deur SA Vereniging vir Mikrobiologie.
|
|||||||