|
||||||||||||||||||||||||||||
![]() ![]() ![]()
![]() |
||||||||||||||||||||||||||||
Fasiliteite en Infrastruktuur |
||||||||||||||||||||||||||||
Die laboratoriumgebaseerde rekenaars word deurlopend opgegradeer, die meeste waarvan direkte toegang tot drukkers en die internet bied. Biblioteek- en elektroniese hulpbronne van die navorsingslaboratoria is dus direk toeganklik met die verdere moontlikheid om inltiging van die biblioteek self te verkry. Die meeste van die navorsingsjoernale, toepaslik vir die verskeie navorsingsaktiwiteite is beskikbaar in óf ‘n harde-, óf ‘n elektroniese formaat, óf via gratis internettoegang. |
||||||||||||||||||||||||||||
Laboratoria Die molekulêre biologie navorsing word op die derde vloer van die J.C. Smutsgebou gedoen. Hierdie fasiliteite sluit in agt moderne nagraadse navorsings laboratoria, elkeen met sy eie waskamer. Ander fasiliteite sluit in ‘n water suiwerings kamer, ‘n analietiese laboratorium, ‘n koue laboratorium (8°C), 2 instap yskaste (4°C), ‘n instap vrieskamer (-20°C), so wel as drie inkubasiekamers (26, 30 and 37°C). Die Departement het ook toegang tot die gebruik van ‘n transmissie en skandeer elektron mikroskoop, ES massaspektrofotometer en ‘n DNA volgorderbepaler in die gebou(Sentrale Analitiese Fasilitieite). Die Departement het die volgende moderne navorsingsapparaat beskikbaar:
Konferensiekamer (A307) Honneurs lesingsaal (A309) Volledige departementele chemikalie lys |