About Us
Modules
Staff
Students
Research
Facilities
News
Safety
Community
Contact us

Strategiese doelwitte vir gemeenskapsinteraksie

Verhoogde betrokkenheid en teenwoordigheid in plaaslike, nasionale en internasionale gemeenskappe met die doel tot groter bewusmaking van die rol van mikrobiologie in die mens en sy omgewing. Die oorhoofse meganisme van gemeenskapinteraksie vir die Dept. Mikrobiologie is gebasseer op die aanwending van wetenskaplike kundigheid (beide akademiese en navorsingskundigheid) as uitreiking na gemeenskappe (die breër publiek en verskeie ander wetenskapsfere).

‘n Kern fokus van die departement berus op die ontwikkeling van jong mense (skoolkinders) deur middel van loopbaan bewusmaking tydens skoleskakelings, ope dae, winter week, en ander aanbiedings vir skole. Verder is die disseminasie van inligting aan die breër wetenskapsfeer, die algemene publiek via verskeie forums (uitsaai en geskrewe media, kongres aanbieding, wetenskaplike tydskrifte en boeke ens.) ook 'n kern focus.

Huidige Projekte

 

Titel

 

Aksie en Teikengroep

Jaarlikse Skoledag

Jaarliks word groepe belangstellende graad 11-12 leerders van verskeie Weskaapse skole na die departement genooi (in samewerking met die Departemente Genetika en Biochemie) vir 'n dag vol uitstallings, aanbiedings en inligtingsessies. Die nagraadse studente van die departement deel hulle ervaringe en kundigheid via direkte interaksie met die skool kinders.

Mediaskakeling en popularisering van die wetenskap

Akademiese personeel neem gereeld deel aan uitsaai en geskrewe media geleenthede, soos bywoorbeeld radio programme en berigewing in plaaslike koerante met die breër publiek as gehoor.

Leierskapsposisies binne professionele en gemeenskapsfere

Akademiese personeel is aktief betrokke by verskeie professionele en nie-professionele vereenigings.

Cotlands Ondersteuning

Maandelikse insameling en skenkings aan die welsynsorganisasie Cotlands Peadiatriese Versorgingssentrum in Somerset Wes