|
||||||||
| Voorgraads | ||||||||
Geskiedenis, mikroskopie, klassifikasie, struktuur en funksie, voedingsbehoeftes en groeifaktore, voedselopname, generasie van energie, kultuurmedia, groeikrommes, opbrengste en effek van voedingsbeperkings, kontinue kulture, fisiese en chemiese beheer, omgewingsfaktore, antimikrobiese terapie, eukariotiese selstruktuur en -funksie, mikrobiese taksonomie. Mikrobe in suiwel- en vleisbedryf, bier, wyn en brood, mikrobe as voedselbron. S Biologie 124 of 144 MKB 244 (Mikrobiese Diversiteit en Ekologie) Prokariote, ryke van lewe en moderne klassifikasie, Archaea-selstruktuur en -funksie, Gram-positiewe bakterieë, Gram-negatiewe bakterieë, aktinomisete, "cyanobakterieë". Fungusgroeperings, selstruktuur en -funksie, struktuur van virusse en virustaksonomie, bakteriofage, mensvirusse. Mikrobiologie van lug-, water- en grondomgewings, verskillende metaboliese tipes mikroörganismes, mikroörganismes se rol in mineralisasie en biogeochemiese siklusse, asook energievloei deur die voedselweb, diere en plante se afhanklikheid van mikroörganismes, insluitend simbiotiese verwantskappe, mikrobe-plantverwantskappe en mikrobe-insekverwantskappe, interaksies tussen mikroörganismes. S Biologie 124 of 144 MKB 314 (Mikrobiese Molekulêre Biologie) Genoomorganisasie van prokariote versus eukariote, gevorderde aspekte van DNAreplikasie in bakterieë, bv. veelvuldige replikasievurke en genoomsegregasie, gevorderde aspekte van transkripsie en translasie met Escherichia coli (bakterium) en Saccharomyces cerevisiae (gis) as modelorganismes, geenreguleringsbeginsels vanaf geenvlak tot gevorderde globale vlak, insluitend operons, regulons, netwerke en seintransduksie in bakterieë, invloed van mutagenese, rekombinasie en transposons en horisontale geenoordrag op genoomdinamika van bakterieë, gevorderde geenregulering van bakteriofaag en M13. S Mikrobiologie 214 MKB 344 (Mikrobiese Fisiologie en Metabolisme met Toegepaste Aspekte) Elementele samestelling, koolstof- en energiedeurvloeie, oksidasie-reduksie reaksies, energieproduksie deur fermentasie, respirasie en fotosintese, verskeidenheid van elektrondonors, -akseptors en mikroörganismes betrokke, membraanvervoer, chemotaksie, bronne en assimilasie van stikstof, sulfaat en fosfaat, koolstofdioksiedassimilasie. Biosintese van aminosure en ander monomere. Toepassing van metabolisme tot industriële prosesse, Pasteur- en Crabtree-effekte, deregulering van metabolisme wat lei tot die oorproduksie van sitroensuur en lisien. Metabolisme van rioolwaterbehandeling. Ferro-ysteroksidering, bakterieë en biomynwese. MKB 354 (Industriële Mikrobiologie) Voedselfermentasies, tradisionele mikrobiese prosesse, bier, wyn, brood, kaas, jogurt, salami, ens. Gespesialiseerde voedselfermentasies, bv. biologiese preserveermiddels, voorbereiding en rol van mikroörganismes. Kwaliteitskontrole HACCP, ISO 9000, ens. Die voorkoms van patogene en voedselbederfbakterieë en beheer daarvan. Industriële produksie van nie-voedselprodukte: geselekteerde voorbeelde van industriële produksie van ensieme, antibiotika en farmaseutiese produkte, invloed van substraat op produksievlakke. S Mikrobiologie 214 |
||||||||
| HonsBSc in Mikrobiologie | ||||||||
Teorie en praktika oor tegnieke in molekulêre biologie soos DNA-klonering, bakteriese en gistransformasies, plasmied-isolasies, isolasie van genoom-DNA uit bakterieë en fungi, asook basiese vaardighede soos biologiese berekeninge, spektrofotometrie, sentrifugering, die gebruik van radio-isotope, gespesialiseerde rekenaarprogramme en internasionale netwerke. S Mikrobiologie 314 en 344 of 354 MKB 763 (Tegnieke in Molekulêre Mikrobiologie II) Teorie en praktika van gevorderde tegnieke in molekulêre biologie, bv. DNAvolgordebepaling. Isolasie en analise van gDNA en mRNA, isolasie en karakterisering van proteïene, opstel van DNA-biblioteke. S Mikrobiologie 314 en 344 of 354 MKB 774 (Geselekteerde Onderwerpe) Geselekteerde onderwerpe word as mini-modules deur dosente of besoekende navorsers aangebied. Onderwerpe soos plasmiedbiologie, genoomdinamika, biologie van giste, transkripsionele beheer van eukariotiese gene, taksonomie van giste, antimikrobiese weerstand en bakteriosiene word behandel. S Mikrobiologie 314 en 344 of 354 MKB 772 (Eksperimentele Mikrobiologie) Navorsingsprojekte: Studente skakel in by 'n navorsingslaboratorium waar hulle 'n
onafhanklike navorsingsprojek doen. Die assessering behels voorleggings van beoogde
navorsing, onafhanklike navorsing in die laboratorium, navorsingsverslae en mondelinge
aanbieding van resultate. S Mikrobiologie 314 en 344 of 354 Vir verdere inligting sien die Natuurwetenskappe Jaarboek |
||||||||
| MSc in Mikrobiologie | ||||||||
Navorsing oor 'n goedgekeurde onderwerp en 'n tesis daaroor moet tot tevredenheid van die genomineerde eksaminatore ingelewer word. Daarbenewens mag aanvullende studie oor spesifieke onderwerpe vereis word. Elke student se program word afsonderlik deur die betrokke dosente vasgestel. 'n Mondelinge eksamen en/of tesis aanbieding word ook afgeneem. Vir verdere inligting sien die gevorderde grade afdeling in die Natuurwetenskappe Jaarboek |
||||||||
| PhD in Mikrobiologie | ||||||||
|
'n Proefskrif, wat die resultate van selfstandige navorsing bevat, word vereis. Vir verdere inligting sien die gevorderde grade afdeling in die Natuurwetenskappe Jaarboek |
|||||||
|
||||||||