About UsStaffStudentsModulesResearchFacilitiesSafetyContact us
Voorgraads  
 

Toelatingsvereistes vir universiteitstudie volgens die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS):
Om by die Universiteit Stellenbosch te kan studeer vanaf 2009 volgens die nuwe nasionale skoolkurrikulum vir die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase, moet jy:

  • In besit wees van 'n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) soos gesertifiseer deur Umalusi
  • Minstens 'n 4 (50%) in elk van vier skoolvakke uit die lys van aangewese universiteitstoelatingsvakke behaal
  • Universiteit Stellenbosch se Toegangstoetse (TGT's) aflê
  • 'n Gemiddelde van minstens 50% vir die TGT's en NSS gesamentlik in die verhouding 40:60 behaal

Raadpleeg die Natuurwetenskappe Jaarboek vir verdere inligting.

Spesifieke toelatingsvereistes vir BSc in Biodiversiteit en Ekologie en BSc in Molekulêre Biologie en Biotegnologie

  • TGT's: Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Akademiese Geletterdheid (Afr. & Eng.)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4
  • Wiskunde 4

    Indien jy Wiskunde 114, 144 en Fisika 114, 144 neem:

  • Fisiese Wetenskappe 4

    Indien jy Wiskunde (Bio) 124 en Fisika (Bio) 178 neem:

  • Fisiese Wetenskappe 4 OF
  • Fisiese Wetenskappe 3 en Lewenswetenskappe 4

Raadpleeg die Natuurwetenskappe Jaarboek en die Fakulteit Natuurwetenskappe se tuisblad vir verdere inligting.

HonsBSc in Mikrobiologie  
 

Toelatingsvereistes:
'n BSc graad met mikrobiologie as 'n hoofvak, byv. MKB 314 en 344 of 354. 'n Gemiddeld finale punt van ten minste 60% vir Mikrobiologie 3 word vereis. Die aantal studente wat jaarliks toegelaat word, word beperk tot ruimte beskikbaar in navorsingslaboratoria. Aanvullende werk kan voorgeskryf word waar die spesifieke agtergrond van 'n voornemende student dit vereis.

Duur en aanvang
Die program strek normaalweg oor een jaar en neem 'n aanvang een week voor die algemene aanvang van klasse.

Programsamestelling
Die program behels formele modules (MKB 733, 763, 774), asook seminare, selfstandige studie en eksperimentele werk (MKB 772). Die program word deurlopend geassesseer met 'n mondelinge eksamen aan die einde daarvan.

Raadpleeg die Natuurwetenskappe Jaarboek en die Fakulteit Natuurwetenskappe se tuisblad vir verder inligting.

Aansoek geskied skriftelik (gerig aan die Registrateur of departementele voorsitter) teen die einde van September van die voorafgaande jaar.


MSc in Mikrobiologie  
 

Toelatingsvereistes:

'n HonsBSc graad in Mikrobiologie of naby-verwante vakrigting.

Verdere inligting:
Navorsing word uitgevoer op 'n vooraf goedgekeurde projek en 'n tesis word voorgelê wat die vereistes van die aangewysde aksamineerders moet bevredig. Verder mag addisionele studie op spesifieke onderwerpe vereis word waar agtergrond ontbreek. 'n Mondelinge eksaminering en/of tesis aandbieding word ook vereis.

Raadpleeg die Natuurwetenskappe Jaarboek en die Fakulteit Natuurwetenskappe se tuisblad vir verder inligting.

Aansoek geskied skriftelik (gerig aan die Registrateur of departementele voorsitter)


PhD in Mikrobiologie  

 

Toelatingsvereistes:

'
n MSc graad in mikrobiologie of naby-verwante vakrigting.

Verdere inligting:
'n Tesisverhandeling gebasseer op die uitslae van onafhanklike wetenskaplike navorsing word vereis.

Raadpleeg die Natuurwetenskappe Jaarboek en die Fakulteit Natuurwetenskappe se tuisblad vir verder inligting.

Aansoek geskied skriftelik (gerig aan die Registrateur of departementele voorsitter)