Akademiese klerke word aangestel vanaf 1 Februarie tot 31 Desember van die betrokke jaar.
Sover prakties moontlik word elke klerk aan ‘n bepaalde vakgebied (Belasting, Finansiële Rekeningkunde, Ouditkunde en Bestuursrekeningkunde) toegewys en hy/sy rapporteer aan die betrokke Afdelingshoof.
Akademiese klerke werk 40 uur per week, waarvan 30 uur tydens normale kantoorure op kantoor deurgebring moet word. Werksure is van 8:30 tot 16:00 of van 09H00 tot 16:30.
Akademiese klerke is geregtig op 30 werksdae gewone verlof gedurende die jaar, waarvan 10 in Desember geneem moet word. 15 van die oorblywende verlofdae moet gedurende amptelike universiteitsresestye geneem word,terwyl die ander vyf gedurende kwartaaltyd geneem mag word.
Die werk van elke klerk word tweemaal per jaar in samewerking met die betrokke Afdelingshoof geëvalueer aan die hand van die in hierdie verband, en verslae word aan die SAIGR gestuur. Die interim evaluering bied ook die geleentheid om verdere ontwikkelingsgeleenthede betyds te identifiseer en gedurende die res van die jaar aan te spreek.
|