The amazing tax race
Stellenbosch Thuthuka verwelkoming
Thuthuka Gebeure
Spanbou
Jaarlikse prysuitdeling 2010
Reknuus
Die belastingafdeling van die Departement Rekeningkunde het op 6 Mei 2011 die eerste ‘Amazing Tax Race’ vir BRek-studente aangebied. Tweede- en derdejaar BRek-studente wat Belasting as vak neem het in spanne teen mekaar meegeding in ‘n resies teen tyd wat gebaseer is op die konsep van die realiteitstelevisiereeks ‘The Amazing Race”.
Spanne het almal by ‘n gemeenskaplike punt (voor die Van der Sterr-gebou) weggespring en het leidrade ontvang wat hul na verskillende bestemmings regoor Stellenbosch-kampus geneem het. Elke span is vergesel deur ‘n belastingdosent verbonde aan die Departement Rekeningkunde. By elke bestemming moes spanne aan ‘n aktiweiteit deelneem wat op ‘n kreatiewe en praktiese wyse geïntegreer was met die belasting vakgebied. Spanne het byvoorbeeld paspoorte ontvang en moes op grond van paspoortstempels die inwonerstatus van belastingpligtiges bepaal. By ander punte moes spanne pille tel, sleutels vir slotte soek, woorbouspeletjies voltooi en foto’s van belastingspesialiste met hul name koppel.
Elke bestemming was geborg deur bekende rekenmeesters en ouditeursfirma’s naamlik: Bass Grordon, Deloitte, Grant Thornton, Greenwoods, Horwath, KPMG en Tenk Loubser. ‘n Tweedejaarspan (naamlik ‘TAXed to the Max’) het stof in die ander spanne se oë geskop en as wenners van die resies uit die stryd getree. Die tweede en derde plek was geneem deur twee derdejaarspanne (naamlik: ‘The STARS’ wat tweede was en ‘The Taxanator’ wat derde was).
Wenners het groot pryse vanaf die rekenmeesters en ouditeursfirma’s ontvang. Lede van die wenspan het nie net iPods ontvang nie, maar ook elk ‘n boekprys losgeslaan waar die uitgewer LexisNexis ‘n gratis belastingwetgewinghandboek aan die begin van 2012 aan die wenners sal oorhandig. Dit was ‘n dag vol spanwerk, leer en studente pret. Gebaseer op die sukses van die resies word daar beoog om die ‘Amazing Tax Race’ ‘n jaarlikse instelling te maak en studente van alle departemente word nou al uitgenooi om volgende jaar se resies te ondersteun.
Terug na bo
Thuthuka is 'n transformasie-inisiatief van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) wat daarop gemik is om voorheen benadeelde leerders in skole aan te moedig om 'n loopbaan in die geoktrooieerde rekenmeestersveld te volg. Die Departement Rekeningkunde fokus veral op Afrikaanssprekende studente uit die bruin bevolkingsgroep en het vanjaar sy eerste inname van 20 eerstejaar BRek Thuthuka studente in die program. Verwelkoming vir studente en ouers is gehou op 25 Januarie 2007. Die verwelkoming was ook bygewoon deur Me D van der Merwe (SAIGR: Projekdirekteur van die Thuthuka Beursfonds) en die SAIGR se Thuthuka projekspan.
Prof P Olivier (Departementele voorsitter: Departement Rekeningkunde)
|
Mnr R Rudman (US Thuthuka Projekbestuurder) |
Me D van der Merwe (SAIGR Thuthuka Projekdirekteur)
|
Prof P von Wielligh (Waarnemende Program ko-ordineerder BRek Voorgraads: Departement Rekeningkunde
|
Mnr T Vanqa (SAIGR: Transformasie bestuurder)
|
Die studente word saam gehuisves in Metanoia koshuis om ’n samehorigheidsgevoel en wedersydse
ondersteuning aan te moedig. Tydens hul studies neem die studente deel aan onder andere verskeie van
die nuwe transformasie- en gehalte-inisiatiewe van die Departement Rekeningkunde soos byvoorbeeld
Uitgebreide Lesingsreeks vir Finansiële Rekeningkunde eerstejaarstudente en die Individuele Leer- en
Bystandsprogram vir senior studente. Benewens akademiese hulpprogramme sal die studente ook
doelgemaakte
modules in lewens- en werkplekvaardighede bywoon. Daar word verder van hulle
vereis om gedurende ten minste een universiteitsvakansie vakansiewerk te doen, asook om aan
’n gemeenskapsinteraksieprojek van hul keuse deel te neem. Die doelwit is om vanaf 2008,
50 nuwe eerstejaar BRek studente per jaar in die Stellenbosch Thutuka program in te neem.
Terug na bo
Die Departement se Blouspan het vir die 2de jaar met die louere weggestap met die Volleyball-kompetisie tydens die Fakulteit se spanboudag.
Terug na bo
Op 28 September 2010 is die Departement se jaarlikse prysuitdeling, geborg deur KPMG, in Die Stal gehou.
Lys van pryse, pryswenners en prysborge volg.
KPMG PRYSWENNER
Megan Zeelie, Dylan Barron (KPMG)
SIACA PRYSWENNERS | SAIPA PRYSWENNER |
Kyle Ewen, Nasiegh Hamdulay,Tim Acker
|

Allie Dottie (SAIPA), Rebekka Swiegers, Altaat Parker (SAIPO)
|
INSTANSIE & PRYS
|
OORHANDIG DEUR |
PRYSWENNER |
|
|
|
BGR AUCAMP SCHOLTZ |
Mnr Arnold Scholtz |
|
Twee pryse toegeken aan HonsBRek-studente wat die beste vordering toon |
|
Me Andrea Benkenstein
Mnr Jacobus vd Westhuyzen |
|
|
|
DELOITTE |
Me Ulrike van der Horst |
|
Beste tweedejaar BRek-student in Finansiële Rekeningkunde & Belasting |
|
Me Mellusca Farnham |
Beste derdejaar BRek-student in Finansiële Rekeningkunde & Belasting |
|
Mnr Marnus Theart |
|
|
|
ERNST & YOUNG |
Me Cornea de Villiers |
|
Beste vordering in Finansiële Rekeningkunde II deur ’n BRek-student |
|
Mnr Robert Graham |
|
|
|
GREENWOODS |
Mnr André Gerber |
|
Beste derdejaar BRek-student in Finansiële Rekeningkunde |
|
Mnr Marnus Theart |
|
|
|
KPMG |
Mnr Dylan Barron |
|
Beste eerstejaar BRek-student in Finansiële Rekeningkunde |
|
Me Megan Zeelie |
Beste HonsBRek-student in Finansiële Rekeningkunde |
|
Me Mary-Lee Reynolds |
Phumzile Njomose Gedenkprys |
|
Mnr Danvon van der Berg |
|
|
|
LEXISNEXIS |
Prof Kobus van Schalkwyk |
|
Twee boekpryse aan verdienstelike BRek-studente |
|
Me Glynis Andrews
Mnr Heinrich Matthee |
|
|
|
LITTLE BIG BOOKSTORE |
Me Renie Nel |
|
Beste derdejaar BComm-student in Finansiële Rekeningkunde |
|
Me Rebekka Swiegers |
Tweedebeste derdejaar BComm-student in Finansiële Rekeningkunde |
|
Me Liezl Bester |
|
|
|
LDP |
Mnr Francois Geldenhuys |
|
Naasbeste HonsBRek-student |
|
Mnr Tim Acker |
Beste eerstejaar BRek-student |
|
Me Megan Zeelie |
|
|
|
SOFTLINE PASTEL |
Mnr Etienne Coetzee |
|
Beste student in Inligtingstelsels |
|
Me Remerta van der Westhuizen |
|
|
|
PRICEWATERHOUSECOOPERS |
Mnr Hein Döman |
|
Beste tweedejaar BRek-student in Ouditkunde |
|
Me Mellusca Farnham |
Beste derdejaar BRek-student in Ouditkunde |
|
Me Ludré Swift |
Tweedebeste derdejaar BRek-student |
|
Mnr Dewald Terblanche |
Beste derdejaar BRek-student |
|
Mnr Marnus Theart |
Beste HonneursBRek-student |
|
Mnr Kyle Ewen |
ROUX VAN DER POEL-merietebeurse |
|
Me Lindie Moolman |
Merietebeurse aan derdejaar BRek-studente |
|
Mnr Francois Geldenhuys |
|
|
Me Leani Viljoen |
|
|
Mnr Andrew Teare |
|
|
Mnr Jac Crafford |
|
|
Mnr Jean-Pierre du Plessis |
(U het Acrobat Reader nodig het om die nuusbrief te lees. Indien Acrobat Reader reeds op u rekenaar geïnstalleer is, sal dit outomaties oopmaak wanneer u op die nuusbrief-skakel kliek. Indien Acrobat Reader nog nie op u rekenaar geïnstalleer is nie, kan u dit installeer deur te kliek op die volgende skakel: Acrobat Reader.)