Dienslewering en gemeenskapsinteraksie
Veekundige Wetenskappe
Prof CW Cruywagen: dien op die Komitee vir Internasionale Betrekkinge van die American Dairy Science Association; sitting by die MPO Hoofbestuur, Wes-Kaap.
Prof LC Hoffman: voorsitter van Werksgroup 13 ‘Ratite’ van die World’s Poultry Science Association; uitvoerende bestuurskomitee van die Southern African Wildlife Management Association (lewenslange lid); South African Association for Food Science and Technology(SAAFoST); dien op die Suid Afrikaanse vereniging vir Veekunde
Prof K Dzama: dien op die Navorsingsadviespaneel vir die Internasionale Stigting vir Wetenskap (Swede); Sameroeper vir die Suid-Afrikaanse Telings- en Genetika Forum; dien op die Suid-Afrikaanse Rooivleis Navorsingsontwikkeling Tegniese Komitee en dien op die Oos-Kaap Vark Heraanskaffingskomitee.
Dr H Lambrechts: sekretaris van die Wes-Kaap tak van die Suid Afrikaanse Vereniging vir Veekunde; dien op die Volstruisnavorsing Advieskomitee, Wes-Kaap Departement van Landbou.
WFJ van de Vyver: voog van ASA; dien op die Ontwikkelingskomitee en die Akademiese Programkomitee van die Fakulteit AgriWetenskappe; dien op die NWKV se Kleinveeskakelkomitee.
Gemeenskapsinteraksie
Die Departement Veekundige Wetenskappe was intensief betrokke by boeredae en studiegroepe waar verskeie personeellede lesings aangebied het.
www.sun.ac.za/animal
|