Dienslewering en gemeenskapsinteraksie
Bewaringsekologie en Entomologie
M Addison: voorsitter van die plaaslike Deciduous Fruit Integrated Pest Management Group.
Dr P Addison: assistentredakteur: South African Journal of Enology and Viticulture.
Prof KJ Esler: president van South African Association of Botanists; HERS adviespaneel; Fynbos Forum Komitee; organiseringskomitee vir die Internasionale Vergadering vir Bewaringsbiologie; organiseringskomitee vir die Internasionale Vereniging vir Plantwetenskaplikes; raadsvereniging van Suid-Afrikaanse Botaniste; Sukkulente Karoo Ekosisteemplan (SKEP) adviespaneel; skakelkomitee vir BIOTA Suid-Afrika; Paarlberg Adviespaneel; komiteelid van die Wes-Kaapse tak van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vroue in Wetenskap en Ingenieurswese.
Dr AJ Leslie: komitee van die IUCN Krokodil Spesialisgroep; lid van die IUCN Leerrugskilpadtaakmagspan; bestuurslid, Pabalelo Bewaringstrust, Botswana.
Prof MA McGeoch: bestuurskomiteelid van Africanness: Global Change Research Network for Africa; dien op DIVERSITAS Wetenskaplike Komitee; mederedakteur: Journal of Biogeography; alternatiewe lid: National Environmental Advisory Forum (NEAF), Departement van Omgewingsake en Toerisme; lid: adviserende raad vir die Suid-Afrikaanse Minister van Landbou en Grondsake: Geneties Gewysigde Organismes; lid: Monitering en Verslagdoening Adviesspan, South African National Biodiversity Institute.
Prof SJ Milton: voorsitter van die ekologiese navorsingspaneel van die Werk vir Waterprojek; NNS adviespaneel vir binnelandse sisteme; Sukkulente Karoo Ekosisteemprogram (SKEP) navorsingspaneel; Arid Zone Forum (AZEF) komitee; mederedakteur van Journal of Arid Environments (Elsevier, Amsterdam); mederedakteur van die Journal of Applied Ecology (Blackwell, VK)
Dr KL Pringle: subredakteur van African Entomology; redaksionele rade: South African Journal of Enology and Viticulture, African Plant Protection, East African Journal of Science; lid van SPT Eweknie Werkgroep.
Prof MJ Samways: redaksionele rade: Conservation Biology, Biodiversity and Conservation, Odontologica, Journal of Insect Conservation, Journal of Orthoptera Research; adviesrade: International Board of Xerces Society for Invertebrate Conservation and Orthopterists Society, IUCN/SSC (uitvoerende komitee), IUCN/SSC Invertebrate Conservation Committee (voorsitter), IUCN/SSC Southern African Invertebrate Specialist Group, Worldwide Dragonfly Association, Biodiversiteit en Wyn Inisiatief.
Gemeenskapsinteraksie
Prof MJ Samways is betrokke by die Werk vir Water-program, die Biodiversiteit en Wyn Inisiatief, terreinontwerp vir MONDI en die restourasie van twee eilande in die Seychelle. Prof KJ Esler is betrokke by SAWISE (tesourier) en HERS-SA (raadslid). Hierdie twee organisasies verskaf belangrike netwerkgeleenthede vir vroue in die akademie. In 2007 is ’n CIB-werkswinkel aangebied om transdissiplinêre oplossings vir die bestuur van pad- en rivierkorridors te ondersoek. Deelnemers uit ’n verskeidenheid akademiese, regerings-, nieregerings-, openbare en private instansies is genooi om deel te neem. Ná die publikasie van die boek Karoo veld: Ecology and Management is ’n reeks boeredae en praatjies in die Karoo-streek aangebied om bewussyn oor die gegronde bestuur van die Karoo-ekosisteem te verhoog. Prof Sue Milton is betrokke by die RNC Alliance (www.rncalliance.org/) en maak insette oor restourasie- en versteuringskwessies aan die Departement van Waterwese en Bosbou, WAF, WvW en SANParke. Dr Scotney Watts is by Kayamandi Hoërskool betrokke waar hy rekenaargeletterdheid en beroepsvoorligting aan die leerders verskaf. Hy brei tans hierdie program uit na vier hoërskole in Atlantis as deel van die Underprivileged Learner Initiative for Tertiary Education (ULITE) om leerders te motiveer om hulle aan hul studies toe te wy en hulle vir universiteitsopleiding voor te berei. Dr Shayne Jacobs is ook in omgewingsopvoedingsinisiatiewe in die Stellenbosch-streek betrokke, veral via die Stellenbosch Community Learning Centre. Dr Allison Leslie en haar navorsingspan bied ’n opvoedkundige en omgewingsbewusmakingsprogram vir skole in Botswana aan as deel van die Okavango-krokodilprojek. M.b.t. ’n toekenningsprogram van die Earthwatch-instituut het 46 internasionale vrywilligers met die projek gehelp en ’n verdere 20 studente het in 2006 as korttermyn vrywilligers by die program aangesluit. Dr P. Addison hou goed georganiseerde Geïntegreerde Plaagbestuurvergaderings met personeel uit die tegniese, navorsings- en sagtevrugtebedrywe. Dr KL Pringle is aktief betrokke in tegniese opleiding op alle vlakke in die sagtevrugtebedryf. Die maandelikse GPB-vergadering lok ’n breë verskeidenheid mense vanuit die sagtevrugtebedryf na die Departement. Dr Shelley Johnson is by hierdie vergaderings betrokke om aktuele kwessies met kwekers te bespreek en hulle op hoogte te bring van ontwikkelings in GPB en navorsing oor fitosanitêre plae.
www.sun.ac.za/consecol |