Dienslewering en Gemeenskapsinteraksie
Voedselwetenskap
Prof. TJ Britz: Voedselwetgewing adviserende groep van die Nasionale Departement van Gesondheid; redaksie van die World Journal of Microbiology and Biotechnology; redaksie van die Biodegradation Journal; Anaerobic Digestion Scientific Committee van die International Water Association; lidmaatskapgraderingskomitee van SAAFoST; tegniese evalueringskomitee van die Waternavorsingskommissie.
Dr M Manley: Sekretaris van die Council of Near Infrared Spectroscopy (ICNIRS); redaksionele adviserende raad van die Journal of NIR Spectroscopy (JNIRS); redaksie van The NIR Spectrum.
Dr GO Sigge: Lid van die Nasionale Raad van SAAFoST.
Prof. RC Witthuhn: Voorsitter van die Ontwikkelingskomitee: Fakulteit AgriWetenskappe, Universiteit Stellenbosch (US); lid van die Akademiese Programkomitee, Fakulteit AgriWetenskappe, US.
Gemeenskapsinteraksie
Die Departement verskaf ondersteuning aan die Suid-Afrikaanse Voedsel- en Suiwelindustrie op ʼn kontinue basis.
Die Departement, in samewerking met Maties Gemeenskapsdienste, is betrokke by die opleiding van voedselentrepreneurs in persoonlike- en voedselhigiëne. Hierdie opleidingsprogram vorm deel van die Students in Free Enterprise (SIFE)-Jeug Entrepreneurskapsontwikkeling projekte, waar graad 8 – 11 leerders vanuit die mees verarmde gemeenskappe, in en rondom Stellenbosch, bemagtig word deurdat hulle opgelei word in die nodige vaardighede om hul eie besighede te begin en te handhaaf.
Vrywilligers, vanuit die personeel en studente korps van die Departement, kollekteer en versprei verskeie benodigdhede aan verarmde gemeenskappe om sodoende hul nood te verlig en beter lewensomstandighede in dié gemeenskappe te bevorder.
academic.sun.ac.za/foodsci |