Dienslewering en gemeenskapsinteraksie
Genetika en die Instituut vir Plantbiotegnologie (IPB)
WC Botes: President van die Suider-Afrikaanse Planteteelt Vereniging; voorsitter van die reëlingskomitee van die 8ste SAPV Simposium (Maart 2010 – Spier, Stellenbosch); lid van die uitvoerende komitee van die Internasionale Triticale Assosiasie; lid van subkomitee van die advieskomitee vir Geneties Gewysigde Organismes (Departement Landbou); lid van US E-Leeradvieskomitee; lid van Gewasproduksie Programkomitee.
Prof D Brink: Lid van bestuurskomitee van die Akwakultuur Vereniging van Suider-Afrika; lid van die Nasionale Komitee vir Akwakultuur; direkteur van Aqua Nutro (Edms) Bpk; direkteur van Overstrand Local Economic Development Agency (OLEDA) Bpk.
Prof JT Burger: Advieskomitee vir Geneties Gewysigde Organismes (Departement Landbou); raad van trustees van PlantBio; advieskomitee van Cape Biotech (nasionale biotegnologie innovasiesentrums); tegniese komitee van Winetech; reëlingskomitees van die Internasionale Raad vir Virussiektes van Wingerd en die Internasionale Wingerdgenoomprojek.
Dr R Roodt-Wilding: Suid-Afrikaanse Genetiese Vereniging se uitvoerende komitee (Vise-President); Koördineerder Molekulêre Biologie en Biotegnologie Programkomitee.
Prof L Warnich: Subkomitee van die advieskomitee vir Geneties Gewysigde Organismes (Departement Landbou); Uitvoerende komitee van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Mensgenetika; Beheerkomitee van GENRED (Sentrum vir Navorsing en Opleiding in Mensgenetika, Fakulteit Gesondheidswetenskappe), Fakulteitskomitee.
Prof J Kossmann: Tegniese komitee van Winetech; tegniese komitee van DFPT (Deciduous Fruit Producers Trust ); voorsitter van die reëlingskomitee van die 2de Tropiese Gewasse Biotegnologie Kongres (July 2009 – Nasionale Kruger Wildtuin); reëlingskomitee vir die 35ste Jaarlikse Kongres van die Suid Afrikaanse Gennootskap vir Plantkundiges (Januarie 2009 - Stellenbosch).
Dr JR Lloyd: Reëlingskomitee vir 35ste Jaarlikse Kongres van die Suid Afrikaanse Gennootskap vir Plantkundiges vergadering (Januarie 2009 - Stellenbosch).
Dr P Hills: Reëlingskomitee vir die 35ste Jaarlikse Kongres van die Suid Afrikaanse Gennootskap vir Plantkundiges vergadering (Januarie 2009 - Stellenbosch).
Gemeenskapsinteraksie
Personeel van die Departement was betrokke as beoordelaars tydens die Eskom Expo by Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch, en het skole besoek om Genetika as vakgebied te bemark. Dr MG Zaahl het ’n “Molekulêre Biologie is Pret” opedag vir skole georganiseer waarheen Graad 11 en 12 leerders van skole in die Wes-Kaap genooi is. Dr Zaahl het ook saam met studente verleen aan die Dorothea Skool vir gestremde kinders in die vorm van administratiewe hulp, ’n sopkombuis op Vrydae en fondsinsameling. Personeel is betrokke by gemeenskapsprojekte wat deur die Universiteit gereël word, nl. die Winterweek vir Natuurwetenskappe en die Universiteit se opedag. Willem Botes, Henzel Saul en Louise van der Merwe van die planteteeltlaboratorium het weer eens die afgelope jaar by verskeie plaaswerker en produsente-dae in die Wes-Kaap hulle nuutste korogkultivars ten toon gestel en vrae beantwoord oor die verbouing van die gewas. So is produsente en plaaswerkers direk bereik en blootgestel aan die nuutste navorsing. Die Divisie Akwakultuur is op uitgebreide wyse betrokke by gemeenskapsinteraksie deur die vestiging en opleiding van kleinboere in verskeie provinsies, insluitend die Wes-Kaap, Noordkaap en Kwa-Zulu Natal. ’n Volwaardige Landbou Koöperasie met ’n totaal van 35 lede (kleinboere) is reeds in die Wes-Kaap tot stand gebring, en die model word nou na sewe ander provinsies uitgebrei. Verskeie gemeenskaps ontwikkelingsprojekte is geinisieer, waaronder perlemoenboerdery in Hondeklipbaai en varswater visproduksie (tilapia en baber) by Jozini, KZN.
www.sun.ac.za/genetics
www.sun.ac.za/ipb
|