Bewaringsekologie en Entomologie
Bos- en Houtkunde
Genetika & IPB
Grondkunde
Hortologie
Landbou-ekonomie
Plantpatologie
Veekundige wetenskappe
Voedselwetenskap
DWW & IWBT
Proefplase
 



   

   

     

  Agronomie (Webblad: www.sun.ac.za/agron)

Die Departement Agronomie fokus op tradisionele saailandgewasse, weidingsleer en die produksie van gewasse in kweekhuise. Voedselvoorsiening aan ʼn steeds toenemende wêreldbevolking is afhanklik van die suksesvolle verbouing van graan, proteïen- en oliesaadgewasse. Die gebruik van tradisionele voedselgewasse soos mielies, suikerriet, sonneblomme en canola vir die vervaardiging van etanol en bio-diesel geniet ook toenemend aandag. In hierdie studieveld word dus groot klem geplaas op verhoogde vlakke van produksie deur die optimale gebruik van hulpbronne, soos byvoorbeeld deur die gebruik van geografiese inligtingstelsels (GIS) in die toepassing van presisie-boerderytegnieke. Weens wêreldwye besorgdheid oor omgewingsbesoedeling geniet volhoubare produksiestelsels wat gewasrotasie met nuwe gewasse en bewaringsboerderypraktyke gebruik ook baie aandag. Wat aangeplante weidings betref, is een van die uitdagings die ontwikkeling van weidingsgewasse wat die vermoë het om die droër en warmer toestande, wat deur die kweekhuiseffek veroorsaak word, te trotseer. Aandag word gegee aan die bestuur van onkruiddoderweerstand, asook die rol wat peulplantweidings in rotasiestelsels kan speel om grondvrugbaarheid in die winterreëngebied te verbeter. Die herwinning van veld in ’n swak toestand uit die greep van erosie, bosverdigting en ander ekologiese probleme is ook van die ander groot uitdagings wat aangespreek word. Die Departement fokus ook op die kweking van gewasse onder grondlose toestande. Deur noue skakeling en samewerking met ASNAPP (Agribusiness in Sustainable Natural African Products), ’n geregistreerde NRO (nie-regerings organisasie) poog die Departement om suksesvolle Afrika-besighede in die natuurlike plantegroeisektor te ontwikkel en in verskeie lande soos Senegal, Ghana, Rwanda en Zambië uit te brei.


Akademies:

Prof GA Agenbag (Voorsitter; Koelweergewasse, Grondbewerking)
Prof ALP Cairns (Onkruidwetenskap)
E Kempen (Grondlose Verbouing van Gewasse)
Dr E Reinten (Aromatiese Plante)
Dr PJ Pieterse (Onkruidwetenskap, Weidingskunde)

Administratief:
M Van Heerden (Sekretaresse)

Ondersteunend:
L Berner, FD Casper, J Goosen, S Kasper, M la Grange, MF la Grange, RL Oosthuizen, KP Williams

Kontakinligting:
Tel: +27 21 808 4803