Agronomie
Bewaringsekologie en Entomologie
Bos- en Houtkunde
Genetika & IPB
Grondkunde
Hortologie
Landbou-ekonomie
Plantpatologie
Voedselwetenskap
DWW & IWBT
Proefplase
 



   

   

     

 Veekundige Wetenskappe (Webblad: www.sun.ac.za/animal)

Die Departement Veekundige Wetenskappe se navorsing fokus op die voeding, teling en fisiologie van diere, asook op dierlike produkte, soos vleis. Ten opsigte van herkouervoeding is navorsing hoofsaaklik gerig op die optimale benutting van beskikbare grondstowwe om die produksiedoeltreffenheid van beeste, skape en bokke te verhoog. Daar word sterk gefokus op rumenmetabolisme en ruvoer-fermentasietempo’s. Die gebruik van eksogene fibrolitiese ensieme om die verteerbaarheid van ruvoere te verhoog, is ook gedurende die afgelope vyf jaar ondersoek. Navorsing op enkelmaagdiere is gerig op verskillende aspekte van pluimveevoeding- en bestuur. Vanuit ʼn voedingsoogpunt word daar gekyk na die evaluering van nuwe grondstowwe, asook die verhoging in doeltreffendheid van die gebruik van konvensionele grondstowwe om sodoende nie alleen winsgrense nie, maar ook dierewelsyn te verhoog. Wat bestuursaspekte betref, word daar gefokus op die manipulering van die omgewing om die gesondheid en produksie van pluimvee te verhoog. Die navorsing op vleiskwaliteit fokus onder andere op die effek van voeding op die vleiskwaliteit van plaasdiere. ʼn Ander sterk fokusarea van vleisnavorsing is faktore wat die kwaliteit van inheemse vleissoorte beïnvloed. Hier word veral na die volstruis en wild gekyk. .  Die navorsing en ontwikkeling van lae koste vleis produkte is ‘n nuwe navorsingsveld en maak deel uit van Stellenbosch Universiteit se Voedsel Sekuriteits Navorsings Inisiatief.  Navorsing in dierfisiologie fokus tans op industrieverwante fisiologiese- en reproduksieprobleme.




Akademies:

Prof K Dzama (Voorsitter; Diereteling)
Prof LC Hoffman (Vleiskunde)
Prof CW Cruywagen (Herkouervoeding)
Dr E Pieterse (Enkelmaagvoeding)
Dr H Lambrechts (Dierefisiologie)
Dr WFJ van de Vyver (Herkouervoeding)
L Liebenberg* (Pluimveebestuur)

Tegnies:

GF Jordaan, D Bekker, B Ellis, L Uys, J Booyse, M Mlambo, C Muller

Administratief:

A Botha (Sekretaresse),


* Gekontrakteer


Kontakinligting:

Tel: +27 21 808 4916