Agronomie
Bos- en Houtkunde
Genetika & IPB
Grondkunde
Hortologie
Landbou-ekonomie
Plantpatologie
Veekundige wetenskappe
Voedselwetenskap
DWW & IWBT
Proefplase
 



   

   

     

  Bewaringsekologie en Entomologie (Webblad: consent.sun.ac.za)

Navorsing in die Departement van Bewaringsekologie en Entomologie behels ʼn breë spektrum van suiwer en toegepaste bewarings- en entomologiese navorsingsonderwerpe. Navorsingsfokusse in bewaring sluit in die ruimtelike omvang van diversiteit; populasie- en gemeenskapsekologie van plantegroei in halfdorgebiede; dryfvere vir verandering (klimaatsverandering, oorontginning, habitatfragmentasie en die indringing van uitheemse plante) en hulle invloed op populasie- en gemeenskapstruktuur en -prosesse in Fynbos- en Karoo-plantegroei; metodes om potensiële bio-indikatore te toets en hulle toepassing in omgewingsmonitering en biodiversiteitsberamings; die bewaring en ekologie van krokodille en seeskilpaaie; en die bestuur van die herinskakeling van diere in gebiede (bv. witrenosters in die Krugerwildtuin). Pogings tot die begrip van hoe groot herbivore plantegroei- en grondprosesse in oewer- en hooglandgebiede beheer, is onder navorsing wat tans deur Departementslede in die Krugerwildtuin onderneem word. Die Departement is ʼn leier op die gebied van navorsing oor die restourasie van natuurlike plantegroei in die dor streke van Suid-Afrika, insluitende myne in Namakwaland, weivelde in die Klein en Groot Karoo, sowel as bewaringsgebiede van die Wes-Kaap. Navorsing oor die ontwikkeling van bewaringsbeleid behels die bepaling van die bewaringskenmerke van beleide gerig op die bestuur van natuurlike hulpbronne in suidelike Afrika met die doel om hulle biodiversiteits- en sosio-ekonomiese uitsette te optimaliseer. Die Entomologie-navorsingskomponent van die Departement het drie fokusareas: insek-ekologie en -bewaring, sistematiek en geïntegreerde plaagbestuur (GPB). Invertebraat-bewaringsbiologie fokus op landbou- en varswaterstelsels, sowel as op tropiese en sub-Antarktiese eilande en dierparasiet-ekologie. Sistematieknavorsing fokus op die Hepialoidea, Zygaenoidea en Tortricicoidea (Lepidoptera), veral die sistematiek van plaag taksisse van ekonomiese belang.. Ander werk behels die fenologie en biologiese beheer van Pseudococcus viburni op appels en pere, en navorsing word ook op die olyfvlieg gedoen. Navorsing oor marktoegang sluit in fitosanitêre plae van sagtevrugte en die ontwikkeling van versagtingsbehandelings om fitosanitêre beperkings in die vrugte-uitvoermark te hanteer.

Akademies:
Prof MJ Samways (Voorsitter; Insekbewaringsbiologie)
Dr P Addison (Geïntegreerde Plaagbestuur)
Prof KJ Esler (Plantekologie)
Prof V Hatting1 (Sitrusnavorsing)
Dr S Jacobs (Ekologie)
Dr AJ Leslie (Ekologie)
Dr A Malan* (Nematologie)
Dr S Matthee (Parasitologie)
Dr J Terblanche (Toegepaste Fisiologiese Ekologie)
Prof SJ Milton* (Plantekologie)
Dr KL Pringle* (Geïntegreerde Plaagbestuur)
Dr F Roets (Entomologie)

Dr AT Knight (Bewarings Beplanning)

Dr R Malgas (Menslike Gemeenskappe en Bewaring)

* Deeltyds
1 Besoekend

Navorsingsgenote:
MF Addison (Geïntegreerde Plaagbestuur)
Dr M de Villiers (Sitrusnavorsing)
Dr S Johnson (Geïntegreerde Plaagbestuur)

Dr Kenneth Oberholzer

Dr James Pryke

Tegnies:
M Isaacks, AA Johnson, EHP Scholtz, F Nkumbi

Administratief:
C Louw (Sekretaresse), M Wenn (Sekretaresse)

Ondersteunend:
P Grant (Nagraadse verteenwoordiger)

Kontakinligting:
Tel: +27 21 808 3304