Agronomie
Bewaringsekologie en Entomologie
Bos- en Houtkunde
Genetika & IPB
Grondkunde
Hortologie
Landbou-ekonomie
Plantpatologie
Veekundige wetenskappe
Voedselwetenskap
Proefplase
 



   

   

     

  Departement Wingerd- en Wynkunde (DWW) & Instituut Wynbiotegnologie (IWBT)

Die DWW en IWBT aan hierdie Universiteit is die enigste in die land wat voor- en nagraadse studiegeleenthede in Wingerd- en Wynkunde, asook wingerd- en wynbiotegnologie, aanbied.

Wingerdkunde (DWW)
Die generering van nuwe, innoverende en toepasbare kennis oor die wingerdstok en sy verbouing is die fokus van wingerdkundige navorsing in die DWW. Dit sluit in die ondersoek en kartering van omgewingseffekte op wingerdprestasie en wynstyl op die vlak van inter- en intra-wingerdvariasie, insluitend ʼn fokus op sekondêre metabolisme van die druif. ʼn Verdere fokus val op die integrasie van wingerdstokstresfisiologie, biochemiese weë en bestuurspraktyke om druif- en wynkwaliteit vir beide die tafeldruif- en wynbedrywe te optimaliseer. Die daarstelling van verbeterde wingerdmateriaal soos verkry d.m.v. somatiese embriogenese as beginpunt vir transformasie en genetiese manipulasie by bo- en onderstokkultivars is nog ʼn fokusarea.

Wynkunde (DWW)

Die wynkundige navorsing fokus op die invloed van die wynbereidingsproses (soos mikro- en makro-oksigenase, ens.), mikroörganismes (giste en bakterieë), byvoegings (soos tanniene en ensieme) en veroudering op wynsamestelling, -styl en -kwaliteit.

Wingerd- en Wynbiotegnologie  (IWBT)

Die navorsingsportefeulje van die IWBT bestaan uit drie programme. Die eerste fokus op die molekulêre karakterisering van metaboliese en seinweë in giste en die genetiese verbetering van wyngisrasse. Die tweede program fokus op melksuur- en ander bakterieë, insluitend hulle impak op wyn, metaboliese karakterisering en verbetering van appelmelksuurgisting. Die derde program het betrekking op die genetiese verbetering van druifkultivars. Die IWBT was suksesvol in die bedinging van fondse vanaf CapeBiotech om ʼn maatskappy te vestig wat op die kommersialisering van die navorsingsuitsette van die IWBT gefokus is. SunBio het in April 2005 amptelik begin funksioneer. SunBio moet gereeld aan CapeBiotech rapporteer en die eerste verslae dui op baie goeie vordering. Die IWBT het deur middel van die Chemiese Analitiese Fasiliteit die omgewing se analitiese fasiliteit herorganiseer om die spilpunt te word vir wynchemie­verwante aktiwiteite op die kampus.


Akademies:

Prof FF Bauer (Voorsitter; Gis Molekulêre en Sellulêre Biologie)
Prof AJ Deloire (Druifkorrelrypwording)
Dr VA Carey (Wingerdterroir)
Dr BT Divol (Wynbiotegnologie)
Prof M du Toit (Wynmikrobiologie en Biopreservering)
Dr WJ du Toit (Wynveroudering)
Prof PG Goussard* (Plantvermeerdering, -verbetering en -vestiging)
MA McKay (Wynveroudering en -aroma, Sensoriese Evaluering)
Dr JP Moore (Druifplantbiochemie)
Dr HH Nieuwoudt* (Spektroskopie)
PJ Raath (Tafeldruifverbouing)
C Stander* (Wingerdbiotegnologie)
AE Strever (Wingerdverbouing)
Dr AGJ Tredoux* (Wynchemie)
Prof MA Vivier (Druifplant Molekulêre Biologie en Biotegnologie)
Prof MB von Wechmar* (Mikrobe-biodiversiteit)
EH Witbooi (Wingerdkunde)
Dr PR Young* (Wingerdbiotegnologie)


Buitengewone Professore:
Prof KH Esbensen* (Wynbiotegnologie)
Prof JJ Hunter (Wingerdkunde)
Prof MG Lambrechts* (Wynkunde, Wynbiotegnologie)
Prof P van Rensburg (Wynfermentasie en -prosessering)

Tegnies:

ZA Coetzee*,L Engelbrecht*, TT Greyling*, J Jacobs, HK Jumat*, N Kargaard*, M Korkie*, ER Lakey, JG Lashbrooke*, M Nell, Dr A Oberholster*, BW Quixley*, W Smith, A van Wyk, R van Wyk*, CR van Zyl*, MJ Visagie*, RF Wassüng

Administratief:
S Baard, GR Burton, A Ligthelm*, LP Rambau*, JE Swart, CCA Vergeer*

Ondersteunend:
EF Februarie, T Jansen, H September, D Swarts, JP Williams

DWW-kontakinligting:
Tel: +27 21 808 4545

www.sun.ac.za/viti_oenol

IWBT-kontakinligting:
Tel: +27 21 808 3770

www.sun.ac.za/wine_biotechnology

SunBio (maatskappy binne die IWBT)
Vakant (Projekbestuurder: SunBio)


Akademies:

Dr H Schoeman* (Gisbiotegnologie)
EL Topley* (Gisbiotegnologie)
AY Smit* (Gisbiotegnologie)
JJ Zietsman* (Gisbiotegnologie)

Tegnies:

LO Adams*, SC Fairbairn*, WL Kotobe*, MO Tekolo*, E Potgieter*

SunBio-kontakinligting:

Tel: +27 21 887 2474

www.sun.ac.za/wine_biotechnology

* Tydelik