Genetika
en die Instituut vir Plantbiotegnologie (IPB)
Die Departement se navorsingsfokusareas sluit aan by die matriksstruktuur waarvolgens die departement funksioneer. Fokusareas binne plant-, diere- en mensgenetika sluit ondersoeke op kwantitatiewe- (teling), populasie-, en molekulêre- (biotegnologiese) genetiese gebiede in. Navorsing oor plantgenetika sluit in die molekulêre karakterisering van virussiektes met die oog op die genetiese modifisering van wyndruiwe vir verbeterde virusweerstand; die isolering en molekulêre karakterisering van plant natiuretiese peptiede in wingerd en hulle moontlike toepassing in verbeterde droogte- en siekteweerstand en koring- en triticale-teelt. Dieregenetika sluit in akwakultuurnavorsing gefokus op bestudering van die populasiestruktuur en genetiese diversiteit van verskeie mariene en varswater vin- en skulpvis spesies deur die gebruik van molekulêre analise, en die genetiese verbetering van verskeie spesies (forel, baber, tilapia, perlemoen) vir kommersiële produksie. Die mensgenetika-navorsing fokus op analises van die gene betrokke in ysterregulering, die heem biosintetiese weg en geneesmiddelmetabolisme sowel as farmakogenetiese toepassing in siektetoestande in Suid-Afrikaanse populasies (kandidaat geen-ondersoeke en aanpassing van behandeling).
Die Fakulteit Agriwetenskappe ondersteun tans vir GENEdiagnostics. Die maatskappy help kliënte om die simptome van genetiese siektes te voorkom deur middel van genetiese toetse.
Akademies:
Prof JT Burger (Voorsitter, Molekulêre Genetika, Virologie)
WC Botes (Populasie Genetika, Planteteelt)
Prof D Brink (Diereteelt, Akwakultuur)
AM La Grange (Biometrie)
Dr R Roodt-Wilding (Molekulêre Genetika, Akwakultuur)
A Sadie (Biometrie)
Prof L Warnich ( Molekulêre Genetika, Mensgenetika)
Dr MG Zaahl (Mensgenetika)
Tegnies:
A Adams*, M Engelbrecht, VR Human,L Korkie, K Salie*, H Saul, HB Stander*, AE van der Merwe, L van der Merwe
Administratief:
MJ Allison (Departmentele Bestuurder), M Meyer (Sekretaresse)
Ondersteunend:
B Fihlani*, MDW Kannemeyer, E Titus, C Touti , S van Wyk*
* Permanente personeel uit buitefondse betaal
Kontakinligting:
Tel: +27 21 808 5839
Webblad: www.sun.ac.za/genetics
Instituut vir Plantbiotegnologie
Die lnstituut vir Plantbiotegnologie (IPB) verteenwoordig 'n multi-kulturele en interdissiplinere span navorsers en nagraadse studente wat fokus op navorsingsgeleenthede in plant biotegnologie. Navorsing in die Instituut fokus op vier areas: (1) koolhidraat verdeling in hoër plante, (2) ingenieurswese van biopolimeer sintese, (3) plantgroei en (4) plant toleransie teen abiotiese stres.
Akademies:
Prof JM Kossmann (Plant Koolhidraat Metabolisme)
Dr PN Hills (Saad Ontkieming, Plantgroei)
Dr JR Lloyd (Plant Koolhidraat Metabolisme)
Dr NN Ludidi (Plant Toleransie teen Abiotiese Stres)
Tegnies:
JP Bekker, C van der Vyver
Administratief:
E. Deluse (Sekretaresse)
Ondersteunend:
G Fredericks, N Vellem, O Xegwane
Kontakinligting:
Tel: +27 21 808 3834
www.sun.ac.za/ipb |