Agronomie
Bewaringsekologie en Entomologie
Bos- en Houtkunde
Genetika & IPB
Grondkunde
Landbou-ekonomie
Plantpatologie
Veekundige wetenskappe
Voedselwetenskap
DWW & IWBT
Proefplase
 



   

   

     

  Hortologie (Webblad: www.sun.ac.za/horticulture )

Die Departement Hortologie doen dinamiese navorsing vir die sagtevrugte-, sitrus- en fynbosbedrywe en verskaf toegevoegde waarde aan bedryfsvennote t.o.v. tegnologie wat gemik is op die verhoging van hulle globale kompeterendheid en winsgewendheid. Dit sluit in navorsing oor reproduktiewe ontwikkeling in sagtevrugtebome, met spesiale klem op faktore wat in reproduktiewe knopinduksie en -inisiasie betrokke is; die akkumulasie van droë massa in vrugte; boommanipulasie, onderstamme en lighuishouding; oesgedrewe voedingsbestuur-strategieë; en koolhidraat-akkumulasie en -benutting. Interaksies tussen die omgewing en sagtevrugte boomfisiologie en produktiwiteit, en spesifiek die effekte van klimaatstres op koolhidraatbeskikbaarheid, waterverhoudings en vrugkwaliteit, en klimaatsveranderlike tegnologieë in die boord, word bestudeer. Klem word ook geplaas op vrugkleurontwikkeling en faktore betrokke in die afbreek van kleur in appels en pere. Die regulering van vegetatiewe en reproduktiewe groei en ontwikkeling van sitrusspesies, met klem op die verbetering van vrugkwaliteit, insluitend suikerakkumulasie, suurmetabolisme en skilkleurmanipulasie, en die verbetering van vruggrootte is verdere navorsingsrigtings. Ons na-oesfisiologienavorsing (ingeslote selwandfisiologie en rypwordingsverwante afwykings) behels die tegnologie van fynbos, sitrus, kern-, steenvrugte en tafeldruiwe, insluitend hanteringsprotokols vanaf die punt van oes, deur verpakking, verkoeling en verspreiding, sowel as klimaatsinvloede op kwaliteit en nie-destruktiewe tegnologie vir die bepaling van vruggehalte. Buiten die na-oesnavorsing oor fynbos bestudeer ons ook blominduksie in proteas en Leucadendrons.

Akademies:
Prof KI Theron (Voorsitter; Boomfisiologie)
Dr PJR Cronje (Sitrus Na-oesfisiologie)
Dr EM Crouch (Kernvrug Na-oesfisiologie)
Dr EW Hoffman (Fynbosproduksie)
MM Jooste (Steenvrug Na-oesfisiologie)
Dr E Lötze (Kernvrugkwaliteit)
Dr M Schmeisser (Omgewings Fisiologie)
Dr WJ Steyn (Boomfisiologie)
Dr S Verreynne (Sitrusboomfisiologie)

Buitengewone Professor:
Prof E Rabe (Sitrusproduksie)
Prof M Huysamer (Na-oesfisiologie)

Emeritus Professor:
Prof G Jacobs (Fynbosproduksie)

Tegnies:
SA Agenbag, D de Koker, GH Groenewald, GAF Lötze, Dr EA Rohwer, WH van Kerwel

Administratief:
DJ Daniels, MC Pienaar

Ondersteunend:
MN Ntunze, S Swarts, B Titus

Kontakinligting:
Tel: +27 21 808 4900