Plantpatologie
Navorsingsprogramme op siektes van wingerd en sagtevrugtegewasse is stewig in die departement gevestig, terwyl navorsingsprojekte op siektes van sitrus, groente en graangewasse meer onlangs in die departement bekendgestel is. Studente word in die deteksie, karakterisering en epidemiologie van plantpatogene opgelei, en in die gebruik van geïntegreerde siektebeheerstrategieë om hierdie patogene te beheer. Die departement het 'n holistiese en interdissiplinêre benadering tot navorsing en maak van die nuutste tegnologieë gebruik ten einde die impak van patogene op plante te verminder en weerstand in plante te verhoog. Konvensionele en molekulêre tegnieke word gebruik om plantpatogene, wat plaaslike gewasse en uitvoermarkte bedreig, op 'n volhoubare en bekostigbare wyse te beheer.
Akademies:
Prof A Viljoen (Voorsitter; Plant-mikrobe interaksie, Fusarium-patologie)
Dr A McLeod (Molekulêre Plantpatologie, Oomycete-patologie)
Dr CL Lennox (Na-oespatologie)
Dr L Mostert (Fitomikologie)
Me L-J Rose (Siekteweerstand in graangewasse)
Dr PH Fourie (Sitruspatologie)*
Buitengewone Professor:
Prof PW Crous (Fitomikologie)
Prof WFO Marassas (Mikotoksikologie)
Tegnies:
S Coertze, A Pretorius, T Jensen
Administratief:
L Swart
Ondersteunend:
BJ de Wee, AD Williams, D Fortuin
* CRI gesekondeer
Kontakinligting:
Tel: +27 21 808 4799
|