Agronomie
Bewaringsekologie en Entomologie
Bos- en Houtkunde
Genetika & IPB
Grondkunde
Hortologie
Landbou-ekonomie
Plantpatologie
Veekundige wetenskappe
Voedselwetenskap
 

 
Posadres
Dekaan: Fakulteit AgriWetenskappe
Universiteit Stellenbosch
Privaatsak X1
7602 Matieland
Suid-Afrika
Fisiese adres
Lokaal 1026
JS Maraisgebou
Victoriastraat
Stellenbosch
Kontak die kantoor
Tel: +27 21 808 4737
Faks: +27 21 808 2001
E-pos: cbruce@sun.ac.za
 

     

 Dienslewering en gemeenskapsinteraksie

Wingerd- en Wynkunde (DWW) & Instituut Wynbiotegnologie (IWBT)

DWW
Dr VA Carey: lid: Wyn van Oorsprong Afbakeningskomitee; programkoördineerder: Winetech Terroir Programkomitee.
Prof PG Goussard: lid: Winetech Biotegnologiekomitee; Winetech Plantverbeteringskomitee; Ernita Plantverbeteringsgroep (Distell).
PJ Raath: lid: SPT Tafeldruifproduksie- en Grondwetenskap Portuurwerksgroep.; SAWWV-raad.
AE Strever: lid: Winetech Tegnologie-oordragkomitee, lid: SAWWV-komitee.
CW Theron: lid: Winetech Advieskomitee; voorsitter: Winetech Opleidingskomitee; voorsitter: Wyn- en Spiritusraad Beoordelingskomitee; voorsitter: Veritas Kultivar Werkgroep; lid: Wyn- en Spiritusraad Tegniese Komitee.
MA McKay: lid: SAWWV-komitee.

Gemeenskapsinteraksie DWW
Die Departement Wingerd- en Wynkunde maak wyn op 'n kleinskaal vir die KWV en ander rolspelers in die bedryf (gewoonlik om verskeie klone te toets).  Die Departement is betrokke by verskeie tegnologie-oordrag projekte in die gemeenskap. Personeel dien op evalueringspanele vir die VinPro-wingerdblokkompetisie en is ook betrokke by die fasilitering van die Presisie-Wingerdkunde-werksgroep in die wynbedryf.  Werkswinkels word vir tafeldruifverbouers in Stellenbosch en die Paarl gehou, terwyl die Departement ook aan die Elsenburg-opedag op Stellenbosch en die boeredag in die Klein-Karoo deelgeneem het.  Verskeie kortkursusse in garagiste-wingerdverbouing en –wynmaak word gehou.  Daar is ook 'n betrokkenheid by die Wynevalueringskursus van die Wyn- en Spiritusraad.  Die Departement gaan voort om die Elgin Learning Foundaton (ELF) te onderteun deur opleiding van hulle personeel en gereelde besoeke tydens die oestyd om te verseker dat alles binne hulle kelders vlot verloop. Die Departement is tans ook besig om gereelde onderrigondersteuning aan die Khuyasa-projek in Kayamandi te gee en het ook 'n skenking gemaak vir 'n toer na Johannesburg vir 'n groep leerders van Laerskool Cloetesville gedurende 2008 om hulle in staat te stel om op nasionale vlak mee te ding met 'n aanbieding oor globale verwarming – dit is ook met die ondersteuning van die Departement saamgestel.

www.sun.ac.za/viti_oenol

 

IWBT
Prof FF Bauer: voorsitter: Winetech Biotegnologieprogramkomitee.
Prof M du Toit: visepresident: SAWWV; Winetech Biotegnologieprogramkomitee en Tegnologie-oordragkomitee; redaksie van Fakulteit AgriWetenskappe Jaarverslag en SAWWV-joernaal.
Prof MA Vivier: Winetech Opleidingskomitee; SPT Ewekniebeoordelingspaneel: Bio­tegnologie; SPT Ewekniebeoordelingspaneel: Tafeldruif­produksie; Winetech Biotegnologie­programkomitee; Winetech Ewekniebeoordelingspaneel: Plant­biotegnologie; US Program Advieskomitee; assistentredakteur: SAWWV-joernaal.

Gemeenskapsinteraksie IWBT

Die IWBT se personeel is op 'n deurlopende basis aktief betrokke by die Khayamandi-gebaseerde Khuyasa-projek met ekstra klasse wat in die biologiese wetenskappe vir leerders van plaaslike skole aangebied word en ook met werkswinkels by Infruitec in Stellenbosch.

www.sun.ac.za/wine_biotechnology