Agronomie
Bewaringsekologie en Entomologie
Bos- en Houtkunde
Genetika & IPB
Grondkunde
Hortologie
Landbou-ekonomie
Voedselwetenskap
DWW & IWBT
 

 
Posadres
Dekaan: Fakulteit AgriWetenskappe
Universiteit Stellenbosch
Privaatsak X1
7602 Matieland
Suid-Afrika
Fisiese adres
Lokaal 1026
JS Maraisgebou
Victoriastraat
Stellenbosch
Kontak die kantoor
Tel: +27 21 808 4737
Faks: +27 21 808 2001
E-pos: jer@sun.ac.za
 

     

 Vennootskappe, alliansies, verhoudings en borgskappe

Veekundige Wetenskappe
Die Departement Veekundige Wetenskappe handhaaf sterk vennootskappe en samewerkingsooreenkomste met ʼn verskeidenheid instansies in die veebedryf. Daar word jaarliks talle navorsingsprojekte in samewerking met die Wes-Kaapse Departement van Landbou by Elsenburg en Outeniqua uitgevoer. Nagraadse studente is by die meeste van hierdie gesamentlike projekte betrokke. Samewerking met buitelandse navorsers vind ook op ʼn deurlopende grondslag plaas. Die Departement het weereens goeie samewerking met verskeie veevoermaatskappye gehad en ook internasionale vennootskappe in stand gehou, onder andere met die USDA se Dairy Forage Research Center in Madison, Wisconsin, navorsers van die Canadian Department of Food and Agriculture in Lethbridge, Cornell Universiteit, die Louisiana State University, en Carne Technologies in Nieu Seeland. Die Departement handhaaf ook goeie verhoudings met ander departemente en samewerking vind selfs oor fakulteits- en universiteitsgrense plaas. So is die Departement byvoorbeeld betrokke by ʼn Innovasiefondsprojek met ʼn konsortium bestaande uit die Departement Veekundige Wetenskappe, die Departement Mikrobiologie (US), die Departement Mikrobiologie (Universiteit van Limpopo), die WNNR en die industriële vennote Meadow Voere en Voermol Voere. Die Departement het sy kontrak met Louisiana State Universiteit voortgesit wat deel vorm van die Partnerships for Food Industry Development, ʼn USAID-program wat ten doel het om die rooivleis, pluimvee en visvleis bedrywe te bevorder. Hierdie projek sluit ook samewerking met Namibië, Botswana, Zambië, Mosambiek en Malawi in. Die vleisnavorsingspan werk saam met die Departemente Voedselwetenskap, Verbruikerswetenskap en Mikrobiologie, asook verskeie bedrywe in die gebied van volstruis en wild.

Veekundige Wetenskappe borge
Alltech; BASF; Comtrade; Hennie Steenbergtrust; Melkprodusente-organisasie, Wes-Kaap / Milk Producers’ Organisation, Western Cape