Vennootskappe, alliansies, verhoudings en borgskappe
Wingerd- en Wynkunde (DWW) & Instituut Wynbiotegnologie (IWBT)
DWW
Op internasionale vlak was dr G Barbeau van INRA in Frankryk medepromotor vir Victoria Carey se PhD-proefskrif en was daar samewerking met die Katolieke Universiteit van Leuven (België) oor hiperspektrale aardwaarneming. Op nasionale vlak is ʼn navorsingsprojek saam met De Toren Wines van Stellenbosch oor multispektrale beelde van wingerde gedoen. Navorsing op suurstoftoevoegings in wyn is ook gedoen met ʼn PhD-student van die Universiteit van Ljubljana, Slowenië.
(1) Nasionaal
‘n Navorsingsprojek word in samewerking met die Departement Geografie en Omgewingstudies van die Universiteit Stellenbosch uitgevoer.
(2) Internasionaal
Prof E Vaudour (UMR INRA/INA Paris-Grignons) is medewerker saam met dr V Carey op ʼn Thuthuka-befondsde projek. Dr V Carey was vir drie maande as Erasmus Mundus-befondsde besoekende dosent by die Vintage Internasionale Meestersprogram by Ecole superieure d’Agriculture d’Angers in Frankryk.
Instituut Wynbiotegnologie (IWBT)
Hier is ʼn lys navorsingsvennote en -fokusse:
(1) Nasionaal
Navorsingsprojekte in samewerking met die Departemente Genetika, Mikrobiologie en Wingerd- en Wynkunde, Universiteit Stellenbosch; Departement Biochemie en Mikrobiologie, Rhodes Universiteit; Departement Sellulêre en Molekulêre Biologie, Universiteit Kaapstad; Landbou Navorsingsraad - Infruitec/Nietvoorbij, Stellenbosch; Suid-Afrikaanse Suikernavorsingsinstituut; Distell; en Elsenburg Landboukollege.
(2) Internasionaal
Die Universiteit van Kalifornië, VSA (die verbetering van estervorming in gedistilleerde produkte); Forschungsanstalt Geisenheim, Duitsland (die raming van die risiko’s m.b.t. die vrylating van GM-giste in ʼn biologies-afgesonderde kweekhuis); die Australiese Wynnavorsingsinstituut, Adelaide, Australië (die ontwikkeling van ʼn geneties-gemerkte gisras vir risikobepalings vir GM-gis; navorsing oor rooiwyntanniene); Universidad de Castilla La Mancha, Spanje (die ontwikkeling van wyngisrasse wat aromavrystellende ensieme tydens wyngistings uitdruk); Pontificia Universidad de Chili, Chili (die analise van genoomwye transkripsie van wyngisrasse tydens wyngistings); Katolieke Universiteit van Leuven, België (die ontwikkeling van wyngis wat voldoende flokkuleer en met verhoogde fruktose-inname om gestaakte en/of slepende gistings te verminder; antifungiese peptiede wat gebruik kan word om die plant se natuurlike verdedigingstelsel te verbeter); Institut für Hygiene und Toxikologie, Duitsland (die identifikasie en beheer van wynbederfmikroörganismes); Universiteit van Bordeaux, Bordeaux, Frankryk; Instituto Agrario San Michele all’Adige, Italië; Universität Roviri i Virgili, Tarragona, Spanje; Universiteit Lund, Swede; Switserse Wynnavorsingsinstituut, Wädenswil, Switserland; Departement Wingerd- en Wynkunde, Universiteit van Kalifornië, Davis, VSA; Complex Carbohydrate Research Center, Athens, VSA; Universiteit van Toronto, Kanada (die raming van die risiko’s verbonde aan die vrystelling van GM-giste m.b.v. biofilms); Universiteit van Cuyo, Mendoza, Argentinië; Universiteit La Sapienza, Italië (die poligalakturonase-inhiberende proteïene wat in die natuurlike verdedigingstelsel van plante teen swampatogene betrokke is); Centrum Gruene Gentechnik, Duitsland (genetiese transformasietegnieke en -toepassings); en die CSIRO Plant Industry, Australië (die analise van suikervervoer in die wingerdstok).
Borge: Wingerd- en Wynkunde (DWW) & Instituut Wynbiotegnologie (IWBT)/
Viticulture and Oenology (DVO) & Institute for Wine Biotechnology (IWBT)
DWW/DVO
Anchor Yeast; Bayer Crop Science; Columbit; Journey’s End; KWV; Lafford; Lallemand; Neethlingshof Landgoed/Neethlingshof Estate; Perdeberg Wynkelder Koöp/Perdeberg Winefarmers’ Co-op; Protea Chemicals; Simonsvlei Internasionaal/ Simonsvlei International; Terason; Voor-Groenberg Kwekery/Voor-Groenberg Nursery; Winetech
IWBT
Anchor Yeast; Lake International; Lallemand
|