Agronomie
Bewaringsekologie en Entomologie
Bos- en Houtkunde
Grondkunde
Hortologie
Landbou-ekonomie
Veekundige wetenskappe
Voedselwetenskap
DWW & IWBT
 

 
Posadres
Dekaan: Fakulteit AgriWetenskappe
Universiteit Stellenbosch
Privaatsak X1
7602 Matieland
Suid-Afrika
Fisiese adres
Lokaal 1026
JS Maraisgebou
Victoriastraat
Stellenbosch
Kontak die kantoor
Tel: +27 21 808 4737
Faks: +27 21 808 2001
E-pos: jer@sun.ac.za
 

     

 Vennootskappe, alliansies, verhoudings en borgskappe

Genetika en die Instituut vir Plantbiotegnologie (IPB)
Die plantgenetici werk saam met Biotech Resources Africa om waardevolle nutraseutiese proteïene in plante uit te druk. Op die gebied van Akwakultuur is daar samewerking met die Katolieke Universiteit van Leuven, België; Stirling Universiteit, Skotland; die Universiteit van Auburn, VSA; asook met die Forelprodusente Assosiasie, die Perlemoenboere Assosiasie, die Tilapiaprodusente Assosiasie en Irvin & Johnson; verskeie staatsdepartemente, waaronder Wetenskap en Tegnologie, Waterwese en Landbou; en Abagold, HIK, Roman Bay en Aquafarm perlemoen produsente. Samewerking op die gebied van Mensgenetika vind plaas met die Weatherall Institute of Molecular Medicine, Oxford, VK; en die Universiteit van Britse Columbië, Kanada (ystermetabolisme); en die Universiteit van Kalifornië, Irvine, VSA (populasie studies vir farmakogenetika). Die IPB werk in samewerking met verskeie internasionale navorsingssentrums insluitend onder andere die Deense Polimeer Sentrum, Risø Nasionale Laboratorium in Roskilde, Denemarke; Lille Universiteit, Frankryk; Skool vir Biologiese Wetenskappe, Royal Holloway, Universiteit van London, VK; Genetwister Technologies, Wageningen, Nederland; Max Planck Instituut van Molekulêre Plant Fisiologie, Golm, Duitsland; Departement van Plant Biologie, Carnegie Instituut van Washington in Stanford, Kalifornie, VSA; en die Departement van Ontwikkelings Sel Biologie, John Innes Sentrum, Norwich, VK. Plaaslik het hulle samewerking met die LNR-Infruitec-Nietvoorbij, Stellenbosch; Suid Afrikaanse Suikerriet Navorsings Instituut, Mount Edgecombe; en die Sentrum vir Proteomika en Genomika Navorsing, Kaapstad.

Die Fakulteit Agriwetenskappe verskaff tans ondersteunende fasiliteite vir GENEdiagnostics. Die maatskappy help kliënte om die simptome van genetiese siektes te voorkom deur middel van genetiese toetse.

http://www.genediagnostics.co.za/


Genetika en die Instituut vir Plantbiotegnologie (IPB) borge
Applied Biosystems; AquaNutro Pty Ltd; Celtic Molecular Diagnostic; Inqaba Biotec; Laboratory Specialist Services; Lasec; Merck; Roche; Scientific Group; Separation Scientific; Sigma Aldrich; United Scientific; Whitehead Scientific