Vennootskappe, alliansies, verhoudings en borgskappe
Plantpatologie
Plantpatologie Die Departement het op nasionale en internasionale vlak ’n groot verskeidenheid samewerkingsooreenkomste. Nasionaal sluit dit in samewerking met die Sagtevrugte Produsente Trust (SPT) (fitosanitêre patogeenlyste vir sagtevrugtegewasse); die Departement van Landbou (patogeenlyste van sagtevrugtegewasse); Plantkwarantyn Dienste op ’n ad hoc basis (kwarantynpatogene); Landbounavorsingsraad (LNR) Infruitec-Nietvoorbij (wingerdnavorsingsprojekte); Forestry and Agricultural Biotechnology Institute (FABI), Universiteit van Pretoria (karakterisering van Ceratocystis isolate; piesangsiektes en “pitch canker” van dennebome); AlternaFruit (identifikasie van patogene op alternatiewe vrugtegewasse); die LNR-Instituut vir Graangewasse en Instituut vir Plantbeskerming (toksienproduserende Fusarium spp. in mielies en koring); Elsenburg Landbou Kollege (Fusariumsiektes van koring); SAB Miller (Bestuur van Fusarium kopvrot op gars); iThemba Laboratorium, Stellenbosch (mutasie-teling van mielies); Kaapstad Universiteit (genetiese manipulasie van mielies). Op die internasionale vlak is daar samewerking met CBS, Nederland (karakterisering van wingerdstamsiektepatogene); Lincoln University, Nieu-Seeland (karakterisering van Cylindrocarpon isolate); Departement van Botanie en Plantpatologie, Oregon State University, VSA (die “Fungal Tree of Life” (AFTOL) projek); Skool van Botanie en Soölogie, Australian National University, Australië (karakterisering van Plasmopara viticola en Phytophthora populasies in Suid-Afrika); USDA-ARS, Wenatchee, VSA (die rol van Pythium en Phytophthora in die agteruitgang van wingerde, asook die etiologie van appel-herplantsiekte in Suid-Afrika); Departement van Plantpatologie, Cornell University, VSA (die stabiele transformasie van Phytophthora spesies); Departement van Botanie en Plantpatologie, Oregon State University, VSA (die etiologie van appelkernvrotsiektes); Plant Navorsing Internasionaal, Wageningen, Nederland (toksienproduserende Fusarium spp. in mielies); Bonn University, Duitsland (plantverbetering met endofiete); Bioversity International, NARO (Uganda) en ISAR (Rwanda) (beheer van Fusarium verwelking van piesangs in Afrika); Genetwister, Wageningen, Nederland, (genetiese manipulasie van mielies); International Institute for Tropical Agriculture, Nigerië en Uganda (Plant Health for Africa); Bioversity International, Frankryk, Die Fillipyne en Uganda (Fusarium verwelk van piesangs); University of Bonn, Duitsland (bio-verbetering van piesangs). |