Vennootskappe, alliansies, verhoudings en borgskappe
Grondkunde
Gesamentlike kontrakte is deur die Waternavorsingskommissie befonds, en het formele samewerking met die Universiteit van Wes-Kaapland (Departement Aardwetenskappe), die WNNR (Grondwatergroep) en die LNR (Instituut vir Grond, Klimaat en Water) behels. Die BIOTA Suider-Afrika projek, befonds deur die Duitse Federale Ministerie van Onderrig en Navorsing, behels vennootskap met die Universiteit van Kaapstad en die Universiteit van Hamburg in Duitsland. Ander vennote in ekologiese navorsing is die Universiteit van Johannesburg en die Nasionale Botaniese Instituut. ’n Nuwe kontrak is met ESKOM aangegaan. Dit behels navorsing om vlieg-as van steenkoolkragsentrales as bekalkingsmiddel vir suur gronde van die Hoëveld in die plek van landboukalk te gebruik. ’n Aantal projekte word gedoen in samewerking met LNR Nietvoorbij-Infruitec. ’n Nuwe samewerkingsooreenkoms is ook bereik wat die uitruil van navorsers tussen die Departement Grondkunde en die hidrologiese navorsingsgroep van prof Wolfgang Flügel by die Universiteit van Jena in Duitsland behels. Finansiële hulp van beide die Duitse regering sowel as die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsingsfonds maak hierdie uitruiling moontlik.
Grondkunde borge
BIOTA Suidelike Afrika lengtesnit navorsingsprojek, befonds deur die Duitse Federale Ministerie van Opleiding en Navorsing en die SA Departement van Wetenskap en Tegnologie/BIOTA Southern Africa longitudinal transect research project, funded by the German Ministry of Training and Research and the SA Department of Science and Technology; Eskom; Lombardi Trust; Winetech
|