• Bron van essensiële komponente van sellulêre en sub-sellulêre membrane. Dit behels hoofsaaklik fosfolipiede en poli-onversadigde vetsure
  • Bron van steroïede
    Verrig belangrike funksies soos onderhoud van membraansisteme, lipied vervoer en voorlopers van steroïed hormone. Garnale en ander skaaldiere benodig sterole in hul rantsoen om hormone te vervaardig wat reproduksie en vervelling beheer. Cholesterol word in die rantsoen ingesluit om in die 1% behoefte vir sterole te voorsien.
  • Dien as meganismee in die absorbsie van vet-oplosbare vitamiene
  • Verbeter voer-aanvaarbaarheid vir die vis
  • In sy bergingsvorm help lipiede om die neutrale dryfvermoë (buoyancy) van die vis te handhaaf
  • Begunstig voervervaardiging

Lipied degradering

Langketting vetsure, gekombineer as trigliseriede, voorsien die langtermyn bergingsvorm van energie in die vetweefsel van die dier. Die belangrikste meganisme waardeur hierdie bergings vetsure in `n stapsgewyse manier gedegradeer word, is bekend as b-oksidasie, so genoem omdat die b of 3-koolstof atoom van die vetsuurketting die setel is waar suurstof ingestel(bind) word tydens oksidasie.

   
b     a   O
-CH2-CH2-C-OH

Een van die kenmerkende reaksies van lipiede wat blootgestel is aan suurstof is die vorming van peroksiedes. Hierdie verskynsel is van ongelooflike praktiese belang  omdat dit lei tot die agteruitgang van weefsels
in vivo en is ook verantwoordelik vir die bederwing van voedsel. Dit is as gevolg van vrye radikale verbindings wat deurperoksiedvorming geproduseer word, soos, ROO1, RO1, OH1.  Hierdie reageer deur waterstof afsnoering en `n verskeidenheid van addisie reaksies om sodoende ensieme, proteïene, vitamiene en ander lipiede te beskadig.

Insluiting van lipiede in akwavoere

Terug

Vorentoe