|
1. Monosakkeriede Die monosakkeried is die fundamentele eenheid waarvan alle koolhidrate afgelei word. Hulle word gekenmerk deur die aantal koolstof-atome en hul strukturele konfigurasie (aldose of ketose). Glukose en fruktose is voorbeelde van monosakkeriede wat in `n vry vorm in die natuur voorkom. Die meeste monsakkeriede word verkry deur die hidrolise van meer komplekse plant bestanddele. Na hulle word soms verwys as eenvoudige suikers, is oplosbaar in water, en het `n soet smaak. Twee reekse eenvoudige suikers is van kommersiële belang. Die pentoses of vyf-koolstof suikers, en die heksoses of ses-koolstof suikers. Glukose, fruktose, galaktose en mannose is die primêre eenvoudige suikers (bekend as monosakkeriede) wat algemeen in die natuur voorkom.
Pentoses.
Die pentoses het die algemene formule C5H10O5. Twee pentoses is van kommersiële belang en beide is aldopentoses. Xylose word gevorm deur die hidrolise van pentosane. Aansienlike hoeveelhede xylose word gevorm in die verpulping van hout deur die hidrolise van hemisellulose. Arabinose word geproduseer deur die hidrolise van arabiese gom or koringsemels.
Heksoses
Daar is vier heksose suikers met die algemene formule C6H12O6. Glukoses, galaktose en mannose is almal aldoses, en fruktose is `n ketose. Glukose is die algemeenste van al die aldoheksose suikers. Dit is die basis-molekule vir die sintese van stysel en sellulose en word kommersieël geproduseer deur die hidrolise van koringstysel. Dit is van sentrale belang in voeding, dit is die hoof eind-produk van vertering van koolhidrate in enkelmaagdiere. Fruktose is die enigste belangrike ketoheksose in die natuur en is die soetste van die koolhidrate. Indien riet- of beet-suiker gehidroliseer word, word een molekule fruktose en een molekule glukose gevorm vanaf elke molekule sukrose. Galaktose en Mannose kom nie in die natuur in vrye vorms voor nie. Galaktose word geproduseer deur die hidrolise van laktose (melksuiker), terwyl mannose geproduseer word deur die hidrolise van ivoorneur. Glukose word tegelykertyd gevorm.
2. Disakkeriede Die disakkeriede is `n kombinasie van twee molekule monosakkeriede. Die formule, C12H22O11, dui daarop dat een molekule water geïlimineer word wanneer die twee monosakkeriede verbind. Hidrolise lei tot die kloning van die molekule en die vorming van heksoses. Die mees algemene disakkeriede in die natuur is sukrose en laktose. Laktose is die suiker in melk en sukrose gewone rietsuiker.
Sukrose
Sukrose word gevorm deur die kombinasie van een molekule glukose en een molekule fruktose. Dit is hoofsaaklik afkomstig van die bronne van kommersiële suiker, nl. suikerbeet en suikerriet. Indien gehidroliseer deur die ensiem sukrase, word sukrose in sy twee monosakkeried-komponente opgedeel.
Maltose
Maltose kom nie in die natuur voor nie. Dit is afkomstig vanaf die hidrolise van stysel, geïnduseer deur die stysel hidroliseringsensiem diastase. Maltose word geredelik gehidroliseer na twee glukose molekule .
|
|