Kwalifikasies en modules
Fokusareas:
Die volgende vyf fokusareas maak deel uit van die Departement Ondernemingsbestuur:
- Beleggingsbestuur
- Finansiële Bestuur
- Finansiële Beplanning
- Entrepreneurskap en Innovasiebestuur
- Bemarkingsbestuur
Voorgraadse studie:
Hieronder volg kerninligting oor voorgraadse studie en voorvereistes in die Departement Ondernemingsbestuur.
Binne die breë BComm programme is daar verskillende fokusareas:
- BComm Beleggingsbestuur
- BComm Finansiële Bestuur
- BComm Finansiële Beplanning
- BComm Entrepreneurskap en Innovasiebestuur
- BComm Bemarkingsbestuur
Volg hierdie skakels vir meer inligting
- Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Jaarboek
- Inligtingsbrosjure vir nagraadse studente
- Meestersgraad en Doktorale aansoeke
- Nagraadse (M en D) studie: vir algemene riglyne kontak Prof C Boshoff cboshoff@sun.ac.za by die Departement van Ondernemingsbestuur vir meer inligting of raadpleeg vir Deel 1 van die Universiteit Stellenbosch se Jaarboek.
- Honneurs tydrooster
- Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning (CFP)
- Nagraadse Diploma in Bemarking
Ooreenkomste met buitelandse universiteite/instellings:
Die Departement Ondernemingsbestuur het tans uitruilooreenkomste met verskeie buitelandse universiteite/instellings. Studente van die Departement Ondernemingsbestuur aan die Universiteit Stellenbosch kan sekere goedgekeurde krediete in die HonsBComm-graad by hierdie goedgekeurde universiteite/instellings verwerf. Volle grade kan ook aan hierdie universiteite/instellings verwerf word, onderhewig aan die toelatingsvereistes van hierdie betrokke universiteite/instellings.
Klik op hierdie skakel om meer te wete te kom oor die uitruilooreenkomste met ander universiteite/instellings.
Dieselfde geleenthede bestaan ook vir buitelandse studente wat sekere goedgekeurde krediete in graadprogramme by hulle tuisuniversiteite deur die Departement Ondernemingsbestuur aan die Universiteit Stellenbosch wil kom verwerf.
Alle aansoeke moet gerig word via die Internasionale Kantoor van die Universiteit Stellenbosch.
Klik op hierdie skakels vir meer inligting:
Beleggingsbestuur
Hierdie area fokus op Beleggingsbestuur en is gerig op onder andere die verwerwing van die Internasionale CFA® (Chartered Financial Analyst) kwalifikasie. Beleggingsbestuur behels die volgende:
- Portefeuljeteorie
- Internasionale Finansiële Markte
- Aandele-ontleding
- Vaste Rentedraende Effekte
- Afgeleide Finansiële Instrumente
- Eiendomsbelegging en -finansiering
- Portefeuljebestuur
Beroepsmoontlikhede:
- Aandelemakelaar
- Beleggingsbestuurder
- Beleggingsontleder
Finansiële Bestuur
Hierdie fokusarea is gerig op indiensneming in die private sektor waar ’n gespesialiseerde kennis van finansiële bestuur en ontleding nodig is. Finansiële Bestuur fokus op die volgende:
- Finansiële Beplanning en Beheer
- Korttermynversekering
- Kapitaalinvestering
- Amalgamasies en Oornames
Beroepsmoontlikhede:
- Finansiële Direkteur
- Finansiële Adviseur
- Finansiële Ontleder
Finansiële Beplanning
Die fokusarea Finansiële Beplanning is spesifiek ontwikkel om studente in staat te stel om na die suskesvolle voltooiing van hul BComm-graad vir die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning in te skryf. Studente wat hierdie diploma suksesvol voltooi, verkry die reg om die toelatingseksamen vir die internasionaal-erkende CFP® (Certified Financial Planner) -kwalifikasie te skryf.
Die volgende spesialiteitsareas word gedek:
- Beleggingsbeplanning
- Inleiding tot lewensversekering
- Inleiding tot korttermynversekering
- Bemarkingsvaardighede en praktykbestuur
- Aftree- en boedelbeplanning
- Werknemervoordele (Aftreefondse)
- Besigheidsversekering
- Mediese skemas
Beroepsmoontlikhede:
- Finansiële adviseur vir ‘n versekeringsmaatskappy
- Onafhanklike finansiële adviseur in eie praktyk
- Finansiële adviseur in bankomgewing
Entrepreneurskap & Innovasiebestuur
Hierdie fokusarea dra daartoe by om studente te help om nie net na sogenaamde werksekuriteit in die vorm van ’n vaste betrekking te strewe nie, maar ook ’n oriëntasie te begin kweek om die moontlikheid van ’n eie onderneming in die toekoms te oorweeg. Gevolglik stel dit die student in staat om eie werksgeleenthede te skep maar ook om kreatiewe bydraes tot ander ondernemings te maak.
Die fokusarea bestaan uit 4 modules wat in die tweede jaar begin en sluit die volgende in:
- Inleiding tot Entrepreneurskap
- Kleinsakebestuur
- Kreatiwiteit- en Innovasiebestuur
- Strategiese- en Korporatiewe entrepreneurskap
Beroepsmoontlikhede:
- Entrepreneur (begin ’n eie nuwe onderneming, franchise, familiebesigheid of koop bestaande besigheid)
- Bestuurskonsultant
- Intrapreneur (gryp entrepreneuriese geleenthede binne bestaande onderneming aan)
- Innovasiebestuurder
- Nuwe Produk Bestuurder
’n Kortkursus in Entrepreneurskap word jaarliks aangebied deur die Departement Ondernemings-bestuur in samewerking met Syracuse Universiteit tydens die Junie/ Julie vakansie. Die unieke EESA program bied senior studente aan die US die geleentheid om vir 6 weke praktiese opleiding te ontvang in entrepreneurskap en terselftertyd mentorskap te verleen aan entrepreneurs in die gemeenskap. Meer inligting op www.sun.ac.za/eesa
Bemarkingsbestuur
Die kursus word voortdurend aangepas om tred te hou met moderne tegnologie soos o.a. die Internet se impak en voordele vir bemarking. Modules uit ander terreine vorm deel van die graadverpligtinge of kan as keusemodules ingesluit word.
Die Bemarkingsbestuur fokusarea en onderrig is gebaseer op die volgende:
- Teorie van bemarking
- Verbruikersgedrag
- Die toepassing van teorie op verskeie bemarkingsterreine, met spesiale klem op kleinhandel, dienste, reklame, en bemarkingsnavorsing
- Die ontwikkeling van ’n bestuursoriëntasie tot die benadering van bemarkingsuitdagings
Beroepsmoontlikhede:
- Bemarkingsbestuurder
- Reklamebestuurder
- Promosiebestuurder
- Handelsmerkbestuurder
- Bemarkingsnavorser
