Kontak:  Dr Johann Theron (Direkteur) by (021) 914 1333 of e-pos kms@cnw-inter.net
Kingfisher Mobiliseringsentrum

KMS is ’n interkerklike getuienis mobiliseringsorganisasie

Lidmate word gemobiliseer om ’n verskil te maak wat betref: 

  • Hulle alledaagse situasie deur die uitleef van evangeliese deugde en waardes.
  • Die bereiking van kerklos lidmate.
  • Die verligting van armoede (werkloosheid, ongeletterdheid, Vigs, ens).
  • Die bereiking van die minste geëvangeliseerde volksgroepe van die wêreld.
  • Deur kerkeenheid na te streef en so versoening te bewerkstellig.

’n Prosesbenadering word met gemeentes gevolg.  Konsultante verbind hulle tot ’n 2-3 jaar proses om eindelik ’n identiteitsverandering van ’n klub na ’n missionêre gemeente te bewerkstellig.

Die uitkomste van die proses is:
  • Gemeentelede ontdek hulle Goddelike roeping vir vandag.
  • Die gemeente formuleer ’n duidelike holistiese getuienisvisie wat die gemeentevisie komplimenteer.
  • Gemeentelede ontwikkel hulle Godgegewe potensiaal en gawes om lig vir die wêreld te wees.
  • Die gemeente bemagtig leiers en lidmate om hulle roeping prakties uit te leef.
  • Gemeentelede implementeer gebalanseerde praktiese bedienings wat ’n verskil aan die nood van die wêreld maak.
  • Die gemeente akkommodeer diversiteit in sy getuienisbedieninge.
  • Gemeentelede verbind hulle tot dissipelmaking.