Kontak Dr. Gordon Dames in verband met die Vennootskap
van Gestuurde Gemeentes
Tel: (021) 808 2914
MTh Kursus
Op soek na Missionale
Transformasie
|
Suid-Afrikaanse Vennootskap van Gestuurde Gemeentes |

Wat is die vennootskap van gestuurde
gemeentes?
’n Netwerk van gemeentes wat die volgende visie deel:
Om te luister na God se spesifieke roeping vir ons, om deur God gestuur
te word en om deur die Heilige Gees bemagtig te word om deel te wees
van God se sending in die wêreld, sodat beide ons uitreik na die
gemeenskap en ons lewe saam as gemeente ’n getuienis vir Jesus
Christus kan wees.
Hierdie is ’n vennootskap van gemeentes op ’n gemeenskaplike
en gedeelde reis – dit neem tyd – selfs jare. Die vennote
verander, neem berekende risiko’s, probeer nuwe dinge en is toegewy
aan ’n langtermyn verbintenis (3-5 jaar) tot die uitdagende geleenthede
daaraan verbonde om ‘n gestuurde (missonale) gemeente te word.
Ons het ’n visie:
Van gemeentes wat oor grense heen uitreik soos wat hulle nou leef volgens
die patroon wat God vir die hele wêreld verkies.
Ons het ’n plan van aksie om daar te kom:
Die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes
Miskien sal julle graag saam met vennote wil werk wat met dieselfde
vraagstuk worstel, elkeen in ’n unieke konteks, terwyl God ons
elkeen roep om “gestuur te wees”. Roep God jou om deel te
wees van die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes?
“Om gestuur te wees” beteken om meer as net ekstra maatskaplike/gemeenskapsdienste
of gemeente projekte te verrig, of om die lidmaattal van ’n gemeente
uit te brei. Om gestuur te wees beïnvloed alles wat die gemeente
is en doen.
|