Ons Navorsingsgroepe fokus op
moelike kwessies in die praktyk van ons kerklike en gemeentelike
lewe. Ons probeer om goeie en verantwoordelike akademiese werk
te doen, maar die uitdruklike bedoeling is om gemeentes te help
met die insigte wat ons bekom en die materiaal wat ons ontwikkel.
interessante
bydraes
|
|
|
|
|
Hierdie groep fokus op hoe Christene vandag
oor God, die wêreld en die lewe moet dink. Hulle kyk weer
na die Bybel en die klassieke belydenisse van die kerk, en werk
aan 'n eietydse geloofsleer vir volwasse mense van die 21ste eeu.
Koördineerders: Dirkie Smit, Coenie
Burger
BO
|
|
|
Die erediens kan wel verryk word deur meer aandag
aan die liturgie te gee, maar dit mag nie veroorsaak dat die prediking
verwaarloos word nie. Goeie prediking is steeds 'n wesenlike deel
van ons eredienste en ons hele bediening.
Koördineerders: Ian Nell, Johan Cilliers,
Coenie Burger
BO
|
|
|
Baie lidmate vra hoe sinvol en betekenisvol
die gemeentelike erediens is. Dit is ook bekend dat tans baie wyd
geëksperimenteer word met die vorm van die erediens. Dié
groep doen dieptenavorsing oor die hart van die erediens, hulle
kyk na allerlei vernuwingspogings in verskilllende tradisies, en
ontwikkel materiaal wat gemeentes kan leiding gee oor sinvolle erediensvernuwing.
Koördineerders: Cas Wepener, Wynand
Nel
BO
|
|
|
Daar is wye instemming dat kleingroepe, wat
veral koinonia bevorder, 'n belangrike deel van die bediening in
vitale gemeentes sal wees in die volgende paar dekades. Hierdie
groep kyk na verskeie maniere waarop verskillende soorte kleingroepe
in die gemeente aangewend kan word.
Koördineerders: Frederick Marais,
Nico Simpson, Marié Brits
BO
|
Familia
(familie, gesin en jeug) |
Daar is heelwat kommer oor die stand van gesinne
in ons land – 'n onontbeerlike bousteen vir 'n gesonde samelewing.
Dit word wyd aanvaar dat geloofsgemeenskappe 'n sleutelrol kan speel
om die gesinslewe en -funksionering te verbeter. Daarmee saam word
na probleme met jeug en jeugbediening gekyk.
Koördineerders: Frederick Marais,
Christo Thesnaar
BO
|
Morele
oriëntering in en deur gemeentes |
Dié groep fokus op wat geloofsgemeenskappe kan doen aan
die enorme morele krisis wat ons land tans beleef. Ons hoop om
gemeentes te help om effektiewer aan die karaktervorming van hul
lidmate te werk. Die kerk se openbare verantwoordelikheid betreffende
morele kwessies en morele waardes in die algemeen kry ook aandag.
Koördineerders: Nico Koopman, Robert
Vosloo, Coenie Burger
BO
|
|
|
Baie gelowiges sukkel om hul daaglikse werk
(beroep) sinvol in verband te bring met hulle geloof. Hierdie onvermoë
het verskeie nadelige gevolge vir die kerk en die samelewing. Dié
groep ontwikkel materiaal waarmee gemeentes hul lidmate met hierdie
kwessie kan help.
Koördineerder: Johan Botha
BO
|
Rentmeesterskap
(oor gemeentes en hul finansies) |
In die veranderde situasie in die land sukkel
feitlik alle gemeentes om geld te vind om hul werk effektief te
doen. Dié groep kyk na die oorsake hiervan en formuleer riglyne
vir gemeentes oor effektiewe fondsinsameling en verantwoordelike
geldelike bestuur. Die uitgangspunt sal wees dat ons Bybels oor
geld moet leer dink en dit as deel van ons algemene rentmeesterskap
sal sien.
Koördineerders: Monty Sahd, Coenie
Burger
BO
|
|
|
Hoewel vroue deur die eeue 'n reuse rol in gemeentes gespeel
het, was hulle tradisioneel uitgesluit van die leierskap van die
kerk. Dié groep fokus op die regstelling van die probleem
deur hulle te beywer vir inklusiewe leierskap in gemeentes. Gemeentes
moet bewus gemaak word van die unieke bydrae van vroue tot die
geloofsgemeenskap.
Koördineerder: Elna Mouton, Carin
van Schalkwyk, Franziska Andrag-Meyer, Mary-Ann Plaatjies en Ben
du Toit (kommunikasie)
BO
|
Versoening
en Shalomgemeenskappe |
Daar is heelwat vrees dat versoening en eenheidsprosesse op gemeentelike
sowel as breër kerklike vlak nie genoeg aandag kry nie. Hierdie
groep gaan soek na maniere waarop die probleem konstruktief hanteer
kan word. Ons het kerklike gemeenskappe in gedagte wat plekke
van omvattende vrede is. Daarom noem ons dié projek: Shalom
Journeys - from division into peace.
Koördineerders: Frederick Marais,
David Botha, Pieter Grove
BO
|
Armoedebestryding
deur gemeentes |
Een van die uitdagings vir alle gemeentes is om betekenisvol
betrokke te raak by gemeenskapsontwikkeling. Dié groep
wil predikante en gemeentes leiding gee oor hoe om plaaslike gemeenskapsprojekte
te ontwikkel.
Koördineerders: Pieter Grove, Willie
van der Merwe, Naas Swart
BO |
|
|
In die Gereformeerde tradisie het lering nog altyd n baie sentrale
rol gespeel. Na 'n tyd waarin lering verwaarloos is, wil hierdie
groep saam soek na praktyke en prosesse wat ons kan help om die
rol van lering te herstel.
Koördineerders: Nico Simpson, Chris
Jones, Ben du Toit, Coenie Burger
BO |
|
|
Meer as vyftig jaar gelede het die digter Peter Blum al gesê
dat ons moet weet ''op watter vasteland ons boer''. Deesdae word
die waarheid van hierdie uitspraak allerweë besef, ook in
die kerk. Daarom wil hierdie navorsingsgroep kyk na die aard van
die wisselwerking wat daar is tussen die Gereformeerde teologie
en ‘n Afrika-konteks behoort/kan bestaan.
BO |
|
|
|
Die demografiese studie wat die Sinode tans onderneem
toon duidelik dat die proses van verstedeliking versnel ook in ons
streek. Plattelandse dorpe en gemeentes loop leeg en sukkel om te
bestaan. Die ander kant is dat gemeentes in die stad nie noodwendig
in staat is om die stedelike konteks te verreken in hulle bediening
nie. Die vraag is of ons gemeentes nie nog eintlik maar plattelandse
gemeenskappe in die stad is nie, en daarom in gebreke bly om die
stad werklik te bedien. Het ons gemeentes en gemeenteteorie al werklik
tuisgekom in die stad?
Koördineerders: Frederick Marais,
Braam Hanekom, Nico Koopman, David Newby
BO |
|
|
|
In lyn met die Suid-Afrikaanse Vennootskap vir
Gestuurde Gemeentes wil Buvton 'n groter ''think tank'' daarrondom
organiseer. Hierdie groep sal hulle toespits op dieptenavorsing
oor ekklesiologie.
Koördineerders: Pieter van der Walt
& Frederick Marais
BO |
|
|
|
Hierdie navorsingsgroep sal voortgaan om
1. Bybels/teologiese navorsing te doen oor ons gereformeerde verstaan
van die amp van die leraar
2. verder om na te dink oor die integrasie van ons ampsteologie
en gemeenteteorie deur 'n bevoegdheidsprofiel te ontwikkel
3. en ook te vra hoe ons predikante kan ondersteun in die ontwikkeling
van hulle roeping en bedieningsvaardighede
Koördineerders: Frederick Marais
BO |
|
|
|
Buvton wil graag begin met ’n navorsingsgroep
wat kyk na spiritualiteit, aangesien ons dink dat daar tans so ’n
behoefte bestaan. Persone wat geïnteresseerd is in so ’n
groep moet asseblief laat weet en dan sal ’n datum met diegene
uitgeklaar word.
Kontak
of
of 021-808 3624
BO |
|
|
|
Die
fokus van die groep sal onder andere die volgende wees:
Die bestudering van demografiese inligting en statistiek
Navorsing en gesprek oor nuwe bedieningsmoontlikhede binne die NGK
en VGK
Spesifieke aandag aan buite-kerklikes en evangelisasie
Die uitruil van inligting en gedagtes oor bestaande projekte
Ondersoek na en gesprek oor konkrete nuwe moontlikhede
Koördineerders: Braam Hanekom, Andrew
Esterhuizen
BO |
Bediening
aan die afgetrede persoon |
Daar bestaan in hierdie gemeentes ‘n behoefte aan ‘n
beter gefokusde bediening aan afgetrede persone met hulle eie
unieke behoeftes. Terselfdertyd bestaan daar ook ‘n behoefte
om die bediening in gemeentes optimaal in te rig sodat afgetrede
persone met hulle besondere gawes en vaardighede ook van hulle
kant af die koninkryk so goed as moontlik kan bedien. Hierdie
groep doen navorsing met die oog op ’n beter praktyk in
hierdie verband.
Koördineerders: Kobus Kellerman,
Cas Wepener
BO
|