Kontak Joanie Batt vir meer inligting
Tel. 808 3382

Retraites
Die veeldoeligheid van ons retraites

Geestelike vorming en groei (spiritualiteit)

Al die meditatiewe retraites is vir dié doel ontwerp.

Geloofsgemeenskap (koinonia)
Die retraites gee 'n goeie ervaring van koinonia.

Verwerking van negatiewe emosies
Ons wil die verhaal van ons retraites vertel.
"Van die eerste retraite af (In groot Geselskap) het ons altyd 'n afdeling oor die seer/pyn in mense se lewens gehad. In Tussen pole van vlees en Gees kry twee temas, innerlike gevoelens van eensaamheid en vyandige houdings jeens ander mense, aandag. Die afgelope 3 jaar het ons begin werk aan 'n geestelike riglyn om mense met hul negatiewe gedagtes en emosies te help. In Van vrees na vertroue werk ons aan daardie kragtige emosie, vrees. In die nuutste retraite Gebore as 'n metgesel, bied ons 'n volledige riglyn aan vir 'n geestelike proses wat mense kan help om met die genade van die Here deur al die negatiewe gedagtes en emosies te werk." (Michiel van der Merwe)

Leierskapsontwikkeling
Die drie Leierskapsretraites is vir dié doel ontwerp.

Vyf faktore wat die unieke dinamika aan ons retraites gee:

Stilte: Stiltesessies is die hoofbestanddeel van 'n retraite.

Liturgie: 'n Liturgiese byeenkoms word deesdae elke dag gehou.

Enkelgesprekke: Elke deelnemer het 'n kort gesprek met 'n pastor en/of geestelike begeleier.

Koinonia: Ons ondersteun mekaar in kleingroepgesprekke.

Lering en kognitiewe insette vind plaas in grootgroep-gesprekke.

Kursusgeld
Kursusgeld vir die Buvton-retraite is R290. Predikante wat langer as 20 jaar in die bediening is, kry 'n derde van die kursusgeld af. Kursusgangers deel bad-kamergeriewe, maar het 'n eie kamer.

Aanbieding slegs op aanvraag; minimum kursusgangers: 10

Pastorale versorging
Retraites is deel van ons program vir die pastorale versorging van predikante. Dit word aanbeveel dat elke predikant jaarliks 'n retraite bywoon.