|
Voortgesette Bedienings-Ontwikkeling
Vanaf 2007 hou BUVTON jaarliks twee groot VBO-weke (Voortgesette Bedieningsontwikkeling),
een in elke semester. Hierdie weke word spesifiek ontwerp met die oog
op predikante se bedieningsbehoeftes en sal ook kredietwaardig
wees ten opsigte van die nuwe kredietestelsel wat na
alle waarskynlik vir alle predikante van die NGK bedoel sal wees vanaf
middel 2007. Hierdie eerste week sal in hierdie verband inderdaad
kredietwaardig wees en sal as sodanig terugwerkend in berekening gebring
kan word. Maar ten spyte van die kredietwaardigheid is die tema
vir hierdie week uiters aktueel met top sprekers en aanbieders. Die eerste
VBO-week vind al so vroeg soos Maart 2007 plaas, gedurende die
week van 12-15 Maart 2007.
Hiermee wil ons hierdie eerste VBO-week
1. bekendstel,
2. meer besonderhede omtrent die inhoud verskaf,
3. praktiese reëlings tref en inligting daaromtrent kommunikeer asook
4. ‘n geleentheid vir jou bied om in te skryf.
• VBO-WEEK 1:
Ontdek jou gemeente se missionêre uitdagings in Afrika |
|
|
|