Webindeks

Die Web-indeks is laas opgedateer (24 Aug 2004)

• Wat is die Web-indeks?
• Hoe kry ek die indeks gelees of afgelaai ?
• Jy kan help om die indeks te bou !
• Hoe organiseer ek my "favourites"?

Wat is die Web-indeks?
•Die web-indeks is 'n lys van skakels ("links") na verskillende webruimtes wat sinvol gebruik kan word deur predikante en lidmate. Die web indeks het een doel voor oë: Om lidmate en predikante te help om meer die internet as bron van inligting te gebruik. Ons almal weet dat die internet 'n groot hoeveelheid en verskeidenheid van inligting dra en dat nuwe inligting daagliks ook bykom. Die probleem is egter om by dit uit te kom wat ek soek, sonder om ure voor die rekenaar te sit en sonder dat my telefoonrekening die hoogste in skiet.
• Die gedagte agter die web-indeks is dat ons voor die tyd na relevante webruimtes gaan kyk (of soek) en dit wat ons kry deur middel van die indeks aan te bied. Die indeks het dit nie ten doel om 'n groot hoeveelheid webruimtes se adresse beskikbaar te stel nie (daar is te veel). Dit wil eerder met verloop van tyd die enkeles wie se kwaliteit van waarde is en kontekstueel is vir die bediening probeer versamel.
• Die indeks is maar in die begin stadium en hoop om met verloop van tyd en met insette van buite te groei tot 'n werklike onmisbare stukkie gereedskap in die soek van inligting.

bo

Hoe kry ek die indeks gelees of afgelaai ?
Opsie 1: Om net na die indeks te kyk: Kliek op die "web-indeks" knoppie hierbo. Dit sal die indeks oopmaak. Deur op die skakel te kliek gaan jy reguit na die webruimte toe. Om die skakel te "save" vir toekomstige gebruik: Terwyl die muis op die relevante web skakel is kliek die regterkantste muisknoppie en selekteer - "add to favourites".

Opsie 2: Laai die hele web-indeks leêr van tyd tot tyd op jou rekenaar af. Die hele indeks kan outomaties onder jou "favourites" geplaas word. Daar kan jy dit self verder organiseer. Jy kan elke keer net weer die opgedateerde web-indeks aflaai, sonder om bestaande inligting te verloor. Die indeks voeg net die mees onlangse inligting by en vervang nie alles nie. As jy op ons e-nuusbrief ingeteken is laat ons jou van nuwe opdaterings weet.
Instruksies om indeks op jou rekenaar af te laai:
• Regs-kliek op die "web-indeks knoppie" hierbo en kies dan "save target as" opsie.
• "Save" dit iewers op jou hardeskyf waar jy die lêer weer in die hande kan kry (sommer op jou desktop). Jy hoef nie op internet te wees om die volgende stappe te volg nie.
• Gaan na Internet Explorer program (internet program).
• Gaan na "file" en selekteer die "import - export" funksie.
• Volg die instruksies van die "import - export wizard" wat te voorskyn kom en "import" die lêer vanuit die plek waar hy op jou hardeskyf lê.
• By die "import destination folder" opsie selekteer jy net "next"
• Selekteer "finish" en siedaar ! - die indeks is outomaties onder jou internetprogram se "favourites" gelys. Van daar kan jy dus vinnig na webruimtes beweeg sonder om adresse in te tik.

bo

Jy kan help om die indeks te bou !
• Ons soek altyd voorstelle van interessante skakels en webruimtes wat jy sinvol vind. Stuur dit asseblief deur na marius@isales.co.za,
sodat ander in jou vreugdes kan deel. Indien jy ons 'n bietjie met navorsing in verband met die internet en webruimtes wil help, laat ons asseblief ook by die betrokke e-pos adres weet.

bo

Hoe organiseer ek my "favourites" ?
Hoe vee ek die indeks (of onbruikbare webruimtes) uit ?

• Met rekenaars is daar mos altyd meer as een manier

Opsie 1: Gaan na jou internet Explorer program (internet program) en selekteer om "offline" te werk. Selekteer die "favourites" knoppie aan die bokant van jou "toolbar". Aan jou regterkant verskyn dan 'n venster met 'n lys van web adresse wat jy geselekteer het as jou gunstelinge. Aan die bopunt is daar twee opsies, naamlik "add to favourites" en "organize". Selekteer laasgenoemde.
Nou kan jy self "folders" skep waarin jy webruimtes kan plaas of "folders" skrap of "folders" se name verander soos wat jy dit graag wil hê. Onder die "Add" funksie kan jy selekteer onder watter onderwerp jy die betrokke webruimte wil plaas.

Opsie 2: (vinniger)
Regskliek op die "START" knoppie (gewoonlik heel onder heel links op jou skerm). Selekteer die "Explore" funksie. Windows se Explorer program sal dan oopmaak. Dubbel kliek die "windows folder" aan die linkerkant van die skerm (gewoonlik onder jou C dryf). Soek op die lys af tot jy die "Favourites folder" kry en kliek daarop. Die inhoud word dan op die regterkant beskikbaar gestel en kan jy nou baie makliker data verander of sommer net die hele indeks (of gedeeltes daarvan) gou skrap.

bo