Departement Didaktiek, Universiteit van Stellenbosch
Die Universiteit van Stellenbosch het ‘n beleid
aanvaar vir die erkenning van voorafleer (EVL) op grond waarvan die
Sentrum tans EVL-aansoeke evalueer. Indien u nie aan die kriteria vir
toelating tot die program voldoen nie, sal ons u aansoek daarvolgens
evalueer en u so spoedig moontlik van die uitslag in kennis stel.
Fase 1: 'n Volledige CV moet voorgelę word sodat die "paneel" kan bepaal of
(a) die kwalifikasies waaroor die applikant beskik hom/haar enigsins in staat stel om te kwalifiseer
(b) die werkservaring en betrokkenheid by lewenslange leeraktiwiteite die applikant kan help om te kwalifiseer.
Die name en kontakbesonderhede van ten minste drie referente moet saam met hierdie CV voorgelę word. (Keerdatum: 31 Augustus)
Fase 2: 'n Portefeuljevoorlegging waarin die volgende bewys van gelewer moet word en daar voldoende regverdiging gegee kan word waarom die applikant oorweeg behoort te word. Dit kan onder die volgende rubrieke ingedeel word, met die gepaardgaande bewyse in 'n ringlęer. (Keerdatum: 30 September)
| RUBRIEK | BEWYSE |
| Kwalifikasies | Sertifikate Diplomas Grade |
| Kort kursusse / Werkswinkels bygewoon | Bywoningsertifikate |
| Werkservaring | Toepaslike werkservaring wat besondere vaardighede vereis wat tot die applikant se voordeel in die program sou wees. |
| Dienslewering | Betrokkenheid by streeks-/nasionale verenigings/forums/werkgroepe |
| Deelname aan konferensies | Referate gelewer/Plakkate/Werkswinkels aangebied(Sluit 'n voorbeeld van die beste referaat in.) |
| Spesiale erkennings | Toekennings vir besondere prestasie |
| Bewyse van spesifieke vaardighede | Leierskapposisies beklee, skryfvaardighede (artikels), kursusse ontwikkel(Sluit die beste voorbeeld van 'n artikel in.) |
| 'n Reflektiewe standpunt | Die applikant skryf, op grond van die voorafgaande, 'n reflektiewe standpunt waarin hy/sy die volgende aanraak:'n ontleding van sy/haar sterkpunte'n ontleding van beperkinge en hoe die applikant beoog om dit in die leerprogram te hanteer motivering/regverdiging waarom die applikant op grond van erkenning van vooraf-leer tot die program toegelaat behoort te word. |
| Algemeen | Enige ander bewyse (nie hierbo genoem) wat die applikant wil aanbied om aan te dui dat hy/sy vir die toelating tot die kwalifikasie in aanmerking behoort te kom
|
Terug na bo