Die sentrum lewer 'n professionele navorsings-, ontwikkelings-,
opleidings- en konsultasiediens aan instellings
en organisasies op die terrein van hoër en volwassene onderwys
binne die raamwerk van 'n professionele gedragskode.
Hierdie dienste word gekenmerk deur 'n hoë kwaliteit van ontwerp,
beplanning, voorbereiding, aanbieding en opvolgwerk wat 'n bydrae
maak tot groei, ontwikkeling en lewenslange leer van individue,
asook die skep van lerende organisasies.