Antarctic Legacy Project

Welkom by Suid-Afrika se Antarktiese Erfenis Projek.

Hierdie is ‘n aaneenlopende Geskiedenis Navorsingsprojek soos bestuur deur die DWT-NNS Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie, gesetel by die Universiteit van Stellenbosch. Die projek het ten doel om die erfenis van Suid-Afrika se betrokkenheid by navorsing op Antarktika en die Prince Edward Eilande te bevorder.

Ons bou ‘n argief en hierdie argief is die amptelike, primêre bron van navorsingsmateriaal rakende die persoonlike en professionele ervaringe van Suid-Afrikaners wat in die Sub-Antarktiese omgewing gewoon en gewerk het. Die rol wat Suid-Afrikaners in wetenskaplike, biologiese, meteorologiese en ander navorsing gespeel het, is nog nooit ten volle opgeteken en erken nie. Hierdie projek wil dit juis doen. Ons versamel dus herinneringe, stories, foto’s, skyfies en ander dokumente wat te make het met Suid-Afrikaners in die Antarktiese omgewing en op die Prince Edward Eilande, sedert die draai van die vorige eeu. Ons wil ook erkenning gee aan die heldhaftige mans en vroue wat die reis na die Suide gemaak het, hetsy as wetenskaplikes, konstruksiewerkers of andersins. Hierdie digitale versameling word dan in ons argief, wat aanlyn beskikbaar sal wees, gestoor. Sodoende verseker ons dat daar ęrens ‘n rekord van Suid-Afrikaners se ervarings in die Antarktiese omgewing is.

Die foto’s en dokumente in hierdie databasis is van die persoonlike versamelings van baie van Suid-Afrika se voorste Antarktiese en Marion wetenskaplikes en ontdekkers. Die databasis word tans gebou en die inligting ingevoer, so dit is nog nie beskikbaar vir die publiek nie. Ons hoor egter graag van julle — laat weet ons gerus as julle foto’s, skyfies of ander dokumente het wat ons by die versameling kan voeg!

Welcome to South Africa’s Antarctic Legacy Project.

This is an on-going History Research Project as run by the DST-NRF Centre for Invasion Biology at Stellenbosch University. We aim to collect and store the stories, memories, photographs and other documents pertaining to South Africans in the Antarctic and on the Prince Edward islands since the turn of the previous century. These documents will be collected and/or copied and stored in a database.

The role South Africans have played in scientific, biological, meteorological and other research in the Sub-Antarctic Ocean has never been fully recognized until now, with this project. Through this database, we hope to do justice and give acknowledgement to the men and women who have braved Marion Island and the Antarctic continent, whether as researchers or as construction crew. This archive also serves as the primary source of research-material regarding the personal and professional experiences of South Africans who have worked in the Sub-Antarctic Region.

The photographs and documents in this archive are from the personal collections of many of South Africa’s finest Antarctic and Marion scientists and explorers. The database is still under construction and not open for viewing yet. However, please let us know if you have any photographs or documents of interest, we would love to include your experiences in our archive!