![]() |
![]() |
||||
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() | |||||
Antoinette is Adjunk Direkteur van die Sentrum vir Onderrig en Leer, Stellenbosch Universiteit.
|
Antoinette van der Merwe Evaluating the integration of ICTs into teaching and learning activities at a South African Higher Education Institution Hierdie studie is ‘n gestruktureerde evaluering
van die integrasie van IKTs (Informasie- en Kommunikasietegnologieë)
in leer- en onderrigaktiwiteite by die Universiteit van Stellenbosch.
Alhoewel daar wel anekdotiese bewyse is dat die e-Leer inisiatiewe
by die Universiteit van Stellenbosch suksesvol is, spreek hierdie
studie die vrae binne ‘n gestruktureerde benadering aan met
inagname van die globale en plaaslike hoër onderwys konteks om: Hierdie evaluering word gedoen met inbegrip van die breër globale en plaaslike veranderende konteks, met spesiale inagname van die wisselwerking tussen drie van die hoof globale drywers. Die drie drywers wat bespreek word is: kennis as drywer van groei in ‘n netwerksamelewing, die revolusie in informasie en kommunikasie tegnologieë, en nuwe kompetisie in die hoër onderwys landskap. Die eerste deel van die studie is dus ‘n literatuuroorsig van die veranderende globale hoër onderwys landskap, met ‘n spesifieke fokus op hoe hierdie veranderinge binne die unieke Suid-Afrikaanse hoër onderwys landskap ná 1994 gekontekstualiseer word. Na 'n oorweging van die globale en Suid-Afrikaanse konteks, voorsien die studie ‘n kritiese oorsig van die status van die integrasie van IKTs in leer- en onderrigaktiwiteite wêreldwyd, die moontlike voordele van die integrasie van IKTs in leer- en onderrigaktiwiteite en die implikasies van hierdie veranderinge vir dosente en studente, sowel as vir die institusionele en tegnologiese omgewings van hoër onderwys. Hierdie oorsigte van beide die veranderende globale hoër onderwys landskap en die integrasie van IKTs in leer- en onderrigaktiwiteite verskaf die agtergrond vir die gevallestudie en retrospektiewe evaluering van die e-Leer aktiwiteite by die Universiteit van Stellenbosch. Die studie bevat ‘n beskrywing van die e-Kampus inisiatief, die e-Leerprojek en ander e-Leer inisiatiewe. In die retrospektiewe evaluering, wat die hooffokus van die studie uitmaak, maak ek gebruik van kwantitatiewe en kwalitatiewe metodes om die resultate van twee vraelyste te ontleed wat aan studente en dosente wat WebCT gebruik, versprei is. Hierdie resultate is geïntegreer met ander databronne om die vordering wat reeds aan die Universiteit van Stellenbosch gemaak is, te evalueer. Hierdie retrospektiewe evaluering van die e-Leer aktiwiteite
by die Universiteit van Stellenbosch teen die agtergrond van die veranderende
globale hoër onderwys landskap, stel my in staat om algemene
aanbevelings te maak om:
|
||||
|
|||||
![]() |
© SENWET
|