English

 

 

 
Edzisani Sodi
Qualitative reflections on teenage motherhood experiences

Die doel van die huidige studie was om 'n fenomenologiese ondersoek oor tienermoederskap te doen en uit te vind hoe hierdie belewenis deel uitmaak van die tienermoeder se bestaan. Deur die sneeubaltoetsingsmetode is vyf vroue tussen die ouderdomme van 26 en 35 jaar gekies om deel te neem aan die studie. Al vyf vroue het tydens hulle tienerjare moeders geword. Diepte-onderhoude is in Noord-Sotho en Venda gevoer, afhangende van die taalvoorkeur en -vlotheid van die deelnemer. Klankopnames is van die onderhoude gemaak wat later getranskribeer en vertaal is.

'n Fenomenologiese analisemetode is gebruik om die oorspronklike data na natuurlike betekeniseenhede (NMUs – natural meaning units) te herlei wat verder ondersoek is om sentrale sosiologiese temas geassosieer met die belewing van tienermoederskap te identifiseer. Behalwe vir die bevinding dat die deelnemers swanger geraak het toe hulle tussen die ouderdom van 16 en 18 jaar was, is vyf sosiologiese temas geassosieer met tienermoederskap geïdentifiseer. Hierdie temas is:
§ 'n Gebrek aan kennis oor seksuele verhoudings dra by tot die voorkoms van tienerswangerskappe en -moederskap.
§ Vroeë kinderbaring het 'n negatiewe impak op die tienermoeder se sosiale verhoudings.
§ Tienermoeders is geneig daartoe om emosionele probleme te ondervind na die geboortes van hulle babas.
§ Tienermoederskap het 'n langtermyn ontwrigtende effek op die tienermoeder se opvoedings- en werksgeleenthede.
§ Tienermoederskap lei tot betekenisvolle veranderinge in lewenstyl vir diegene wat die ondervinding deurgemaak het.

Met inagneming van bogenoemde temas word hier voorgestel dat seksuele opvoeding beide op skool en by die huis 'n meer lewensvatbare opsie is om die risiko van tienermoederskap in die samelewing te verminder. Alhoewel ander opsies soos aborsies en die nuutingestelde toekennings van kinderonderhoud ook vir die tienermoeder beskikbaar is, word hierdie opsies nie as bevorderlik beskou nie.

Terug na bo

 

© SENWET
Alle Regte Voorbehou