![]() |
![]() |
||||
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() | |||||
|
Hendrik Snyders Tegno-korreksies: ’n Studie na die impak van tegnologie op 'n Suid- Afrikaanse gevangenis Die moderne korrektiewe inrigting word gekenmerk deur die omvangryke gebruik van gevorderde inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) (bv. rekenaars, geslote-baan televisiekameras en elektroniese moniteringstoestelle) asook geesteswetenskaplike-tegnologie (GWT) (bv. sielkundige toetse, opvoedkundige en terapeutiese programme) om gevonniste oortreders binne inrigtings en in die gemeenskap te moniteer ten einde hulle te rehabiliteer en hul terugval in misdaad te voorkom. Die kombinasie van GWT en IKT binne die gevangenis het gevolglik daartoe bygedra dat die moderne gevangenis tot 'n sosio-tegniese omgewing omvorm is met bepaalde gevolge vir die verhouding tussen gevangenes en korrektiewe personeel. Aangesien IKT meesal vir deurlopende monitering van die inrigting en diegene daarbinne gebruik word, word korrektiewe personeel net soos gevangenes, legitieme datasubjekte. Hierdie monitering oor die algemeen, skep 'n privaatheidsdilemma met bepaalde implikasies vir die verhoudinge tussen die gemoniteerde (gevangenes, geparoleerdes en hul families, korrektiewe personeel) en die staat. Die ontplooiing van gesofistikeerde tegnologie ter bereiking van ’n organisasie se sleuteldoelwitte, lewer egter nie outomaties die verwagte resultate nie. Pistorius (1996) argumenteer dat die optimale benutting van tegnologie slegs moontlik is in lerende organisasies. Hierdie studie poog dus om al hierdie sake te integreer ten einde die impak van tegnologie op ’n enkele Suid Afrikaanse gevangenis vas te stel.
|
||||
|
|||||
![]() |
© SENWET
|