English

 

 
Jacques du Toit
The use of survey methodology to determine residents' environmental attitudes towards a modern high-rise public housing complex.

Hierdie is `n toegepaste metodologiese tesis oor inwoners se houdings teenoor `n moderne toringblok openbare behuisingskompleks. `n Definisie en analise van die tema wys dat hierdie behuisingstipe, deur `n uitstaande ontwerp en styl wat as modernisties bekend staan, gekenmerk word.

Moderne en postmoderne teorie word gebruik om `n algemene eksistensiële hipotese betreffende inwoners se houdings teenoor dié behuisingstipe te formuleer. `n Kruis-seksionele opname navorsingsontwerp is gebruik om die tesis te ondersoek. Data is deur middel van vraelyste ingesamel en in die formaat van `n waargenome- omgewing- kwaliteitsindeks geanaliseer. Dit word bevind dat inwoners in geheel `n negatiewe houding teenoor die kompleks huldig. Tog is daar ook bewyse van positiewe houdings en beduidende verskille tussen die houdings van sekere groepe. Die tesis volstaan met die gevolgtrekking dat hierdie behuisingstipe oorweeg kan word vir sekere groepe in die konteks van die huidige Suid Afrikaanse behuisingsituasie.

 

© SENWET
Alle Regte Voorbehou