Mark Abrahams
Theory-based
evaluation of community development: a South African case study.
Die gevallestudie ondersoek die motivering vir die
gebruik en implementering van `n teoriegedrewe benadering vir die
evaluering van `n gemeenskapontwikkelings program in Suid Afrika.
Die motivering vir `n teoriegedrewe benadering word bespreek in die
konteks van die onvermoë van eksperimentele of 'black-box' benadering
tot evaluering om genoegsame informasie aan program implementeerders,
program-bestuurders en beleidmakers te verskaf. Daar word ook geargumenteer
dat die eskperimentele benadering tot evaluering, ondanks die belofte
om sistematiese en gegronde bewyse van die uitwerking van projekte
of programme daar te stel, nie aan hierdie belofte voldoen nie. Die
eksperimetele benadering worstel ook om die integriteit van die ontwerpe
te behou en dit beïnvloed die kwaliteit van die resultate.
Die politieke, ekonomiese en sosiale transformasie
in Suid Afrika, vanaf 1994 tot die hede, word beskryf as die navorsing-konteks
om sodoende die uitdagings van ekonomiese opheffing, armoede verligting
en sosiale transformasie uit te lig. Die dringende behoefte om verskeie
initiatiewe en intervensies, wat in die lewe geroep is deur beleids-veranderinge
en ontwikkelings-programme, te evalueer word vervolgens bespreek.
`n Voorbeeld van so `n initiatief is die van die Sentrum vir Gemeenskaps-
Ontwikkeling (CCD) wat ten doel het om van die sosiale uitdagings,
hierbo genoem, vas te vat.
Verdere argumente vir die gebruik van die teoriegedrewe
benadering tot program evaluering word aangevoer deur middel van `n
uitbreiding van die geskiedenis en ontwikkeling van program-evaluering
. Program-evaluering word uitgebeeld as `n interdissiplinêre toegepaste
veld van navorsing en word aangewend vir verskeie doeleindes. Die
geskiedenis, groei en potensiële voordele van die teoriegedrewe benadering
tot evaluering word bespreek asook die probleme van, en kritiek teenoor
die benadering. Die ontologiese, epistemologiese en metodologiese
raamwerk wat die sosiale wetenskappe omskryf en beïnvloed, word bespreek
deur `n meta-teoretiese analiese van die filosofiese debatte oor die
paradigmatiese keuses wat navorsers maak en beïnvloed. Dit wys ook
hoe navorsers hierdie raamwerk interpreter en die teorie-aangedrewe
benadering tot evaluering word vas gele binne `n bepaalde soort realistiese
ontologie.
Gemeenskaps-ontwikkeling word ook ontleed in terme
van die sentrale konsepte naamlik 'gemeenskap' en 'ontwikkeling'.
Hierdie konsepte word ontleed en verduidelik met die doel om `n teoretiese
raamwerk te ontwikkel wat later gebruik word in die analise van die
evaluasie resultate.Die navorsings-konteks van die gemeenskaps ontwikkeling
program word ook uitgebeeld en die resultate van die evaluasie aangebied
en bespreek. Die ontleding van die resultate van die evaluasie ontbloot
die kern van die gemeenskaps ontwikkeling program en bied riglyne
vir die verdere verskerping van die teoriegedrewe benadering tot evaluasie.
Terug
na bo