![]() |
![]() |
||||
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() | |||||
|
Mlungisi Cele The utility of industry-university partnership: a case study of the University of Cape Town (UCT) and SASOL Daar is weinig sistemiese studies in Suid-Afrika reeds uitgevoer oor universiteit-industrie samewerking. Hierdie studie ondersoek die ontwikkeling van 'n vennootskap tussen die Universiteit van Kaapstad (UK) en SASOL wat heterogene katalise insluit. Ek analiseer in hierdie studie die dryfkrag van die vennootskap, en probeer die motivering en voordele bepaal wat beide die UK en SASOL toegekom het as deel van hulle vennootskap. Ek analiseer ook die oordrag van kennis of oordrag van tegnologiese prosesse soos die aanstelling van graduandi, intellektuele eiendom, ens. Ek probeer op grond hiervan lesse van die UK-SASOL vennootskap uitlig vir toekomstige doeleindes. Ek het vier temas of afdelings gebruik om hierdie studie te vestig. Dit is, (a) die sosio-ekonomiese konteks (globale en kennis ekonomie,innovasie, kennis samelewing ens.), die veranderende modus van kennis produksie (“Modus 2”) en die veranderende wyses van interaksie tussen belanghebbendes - industrie, universiteit en regering (Triple Helix). Die sleutel argument hier is dat die universiteit-industrie vennootskap nie gesien kan word as ‘n onafhanklike ontwikkeling, maar dat dit verband hou met of deel is van die gevolge van die veranderinge in die sosio-ekonomiese, wetenskap, tegnologie en hoër onderwys arenas; (b) die dryfkrag agter die vennootskap; (c) motivering en voordele; en (d) die oordrag van kennis of tegnologie/oordrag van prosesse. Ek gebruik die gevallestudie metodologie in hierdie studie. Ek het onderhoude gevoer met die UK Chemiese Ingenieurswese Departement, die UK Sentrum vir Navorsing en Innovasie, as ook die SASOL betrokkenes. Ek het die projekdokumentasie versamel en het ook die laboratoriums besoek waarin die navorsingsaktiwiteite van die UK-SASOL vennootskap plaas vind. Die bevindinge van hierdie sluit dus die volgende in. Die vennootskap demonstreer die belangrike rol van ‘n individuele akademikus wat transformasie bewerkstellig het in terme van navorsingsaktiwiteite en die kultuur in die Chemiese Ingenieurswese Departement. Die nalatenskap van die individuele akademikus se sterk persoonlikheid en toewyding tot navorsing is duidelik en stimuleer steeds hoë vlakke van belangstelling in die navorsing en spanwerk in die departement. Dit is ook een van die kenmerke van hierdie departement. Daar is ‘n sterk skakel gehandhaaf tussen die basiese dissiplinêre “Modus 1” onderrig en navorsing aan die een kant, en die multidissiplinêre “Modus 2” toegepaste en strategiese navorsing en onderrig aan die ander kant. Dit is duidelik in die sterk kleim wat gelê word op die stewige voorgraadse dissiplinêre onderrig as ‘n basis vir ‘n hoë kwaliteit multidissiplinêre nagraadse onderrig. Alle personeel is betrokke by beide onderrig en navorsing. ‘n Sterk skakel is behou tussen akademiese, navorsings- en nagraadse aktiwiteite: die departement gebruik die oorskotte van industrieverwante navorsing om akademiese en nagraadse aktiwiteite te kruis-subsideer.
|
||||
|
|||||
![]() |
© SENWET
|