![]() |
![]() |
||||
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() | |||||
|
Mandla Seleoane A comparative analysis of Science and Technology Policies of three countries and its relevance to Lesotho Die doel van die studie is om die wetenskaplike -en tegnologiese stelsels van drie lande, Suid-Afrika, Indie en Maleisie te ondersoek. Die studie behels die proses van wetenskaplike - en tegnologiese beleidsontwikkeling, die verwantskap tussen wetenskaplike staatsbeleid in die lande asook die verwantskap tussen die wetenskaplike en tegnologiese beleide en die landsdoelwitte. Die studie identifiseer ook die verskille, sterk-en swakpunte van die stelsels en toepaslikheid op 'n land soos Lesotho. Die metodiek wat gevolg is tydens die studie was kwalitatief deur bestaande dokumente na te slaan. Die vergelykende analise vir die lande is gebasseer op die bevindinge van die gevalle studies wat vir elke land gedoen is. Die vergelykende analise beskryf die algemene kenmerke asook die sterk-en swakpunte van elke land. Die gemeenskaplike kenmerke is geidentifiseer in die volgende areas; Nasionale Sisteem van Verandering, Politiseering van die Wetenskap; plaaslike kennis van Stelsels en die Algemene Publiek se kenis van die Wetenskap, Die verskille tussen die drie stelsels word gekenmerk deur die tendens van investering in wetenskap en tegnologie in terme van insette in navorsing en ontwikkeling, institusionalisering van die wetenskap, aard en implementering van beleide en die beleidsinsturmente wat gebruik word asook die skepping van'n omgewing bevorderlik vir die groei van die wetenskap en tegnologie binne 'n land. Die vergelykende ontleding bevat ook lesse wat geleer kan word deur onder ontwikkelende lande soos Lesotho. Dit verskaf 'n mening van die huidige situasie waar 'n land in die begin stadium is om 'n wel deurgedagte wetenskaplike en tegnologiese stelsel te implementer . Die studie beveel oplossings en strategie aan wat kan verseker dat 'n land soos Lesotho, deur die aanwending van die wetenskap en tegnologie ook sosiaal- ekonomiese voordele kan behaal.
|
||||
|
|||||
![]() |
© SENWET
|