English

 
Septi Bukula
Methodological issues in the evaluation of small business development policies and programmes

Die evaluering van ontwikkelingsbeleidsrigtinge en -programme van kleinsakeondernemings is metodologies geen maklike taak nie. 'n Groot verskeidenheid rolspelers in die ekonomie, ingeslote regeringsdepartemente en -instansies, korporasies, internasionale skenkers en nie-regeringsorganisasies, belê jaarliks aansienlike hulpbronne in die bevordering van kleinsakeondernemings. Sodanige beleggings word dikwels geregverdig aan die hand van die belangrikheid van kleinsakeondernemings se bydrae tot die bereiking van verskeie sosio-ekonomiese doelwitte soos werkskepping, en om die kwessie van ekonomiese ongelykheid tussen onderskeie bevolkingsgroepe aan te roer, om mededinging binne die ekonomie aan te moedig en om ekonomiese groei te versterk. Die toename in die omvang van openbare beleggings in kleinsakeontwikkeling asook toenemende mededinging vir dieselfde hulpbronne deur ander verdienstelike partye gaan gepaard met toenemende druk vir openbare aanspreeklikheid en noodsaak doeltreffende beleidsrigtingr en -programme. Programborge vereis toenemend dat diegene wat openbare fondse vir kleinsakeontwikkelingsprojekte ontvang, die doeltreffende monitering en evaluering van hulle programme moet waarborg sodat daar 'n deeglike inligtingsbasis bestaan om die nodige beleids- en programterugvoer te verskaf.

Die vraag is egter tot welke mate kleinsakebeleidsrigtinge en -programme daarin slaag om te verseker dat hul doelwitte bereik word. Tot watter mate kan enige veranderinge op ondernemingsvlak en sy onmiddellike omgewing, realisties gesproke, aan die doeltreffendheid van beleidsrigtinge en -programme toegeskryf word?

Kan voortgesette beleggings in kleinsakeontwikkeling geregverdig word in die lig van mededinging vir dieselfde hulpbronne deur ander verdienstelike, en moontlik selfs meer dwingende, sake? Hoe doeltreffend is 'n bepaalde beleid of program in terme van sy koste, gesien in verhouding tot ander beleids- of programkeuses? Diegene, wat verantwoordelik is vir die beoordeling van kleinsakeontwikkelingsbeleidsrigtinge en -programme word deur hierdie en vele ander vrae gekonfronteer. Hierdie tesis toon aan dat sodanige beoordelaars, as gevolg van die metodologiese ingewikkeldhede waarvoor hulle te staan kom in die poging om hierdie vrae te beantwoord, geen maklike taak het nie.

Terug na bo

 

© SENWET
Alle Regte Voorbehou