English

  • Algemene inligting
  • Rolf is 'n Mede-Professore en Senior Lektor aan die Departement van Visuele Kuns en Ontwerp, Fakulteit Geesteswetenskappe, Vaal Universiteit van Tegnologie.

 

 

 
Rolf Gaede
Validity in image-based research: A Delphi Study

Die studieveld behels ‘n ondersoek na die gedagte van geldigheid soos van toepassing op beeldgebaseerde navorsing, d.w.s. navorsingsbenaderings waar visuele beelde soos foto’s of video-opnames ‘n integrale deel uitmaak maak een of meer van die metodes wat gebruik word. In die hoofstukke wat die literatuurstudie uitmaak, word (1) die gedagte van geldigheid onder die loep geneem met spesifieke verwysing na die bydraes van Cook en Campbell, Guba en Lincoln, Kvale, Lather en Morse, (2) word die inherente eienskappe van visuele beelde vanaf 'n semiotiese oogpunt bespreek, en (3) word die verskeie velde van beeldgebaseerde navorsingspraktyk afgebaken volgens die eenheid van ontleding, die dataformaat, die rol van die navorser (buitestaander, binnestaander, deelnemer) en die produksie van die visuele materiaal (ex ante of ex post met sterk of swak navorserkontrole). Die hoofstukke wat gemoeid is met die literatuurstudie is as vertrekpunt geneem vir die daarstelling van ‘n konsepsuele raamwerk vir geldigheid aangaande beeldgebaseerde navorsing, en die werking hiervan is geïllustreer met verwysing na geselekteerde aspekte van beeldgebaseerde navorsing deur Lomax en Casey, Clark en Zimmer, Rich en Chalfen, DuFon end Chaplin. Hierdie konsepsuele raamwerk is verder verfyn op grond van ‘n Delphi-prosedure. Die Delphi-prosedure het behels dat die opinies van deskundiges in die veld van beeldgebaseerde navorsing aangaande kwessies van geldigheid ingewin en saamgevoeg is met die oog om te verseker dat die aannames wat gemaak is ten tyde van die ontwikkeling van die konsepsuele raamwerk genoegsaam gepas is vir die praktyk van beeldgebaseerde navorsing. Die tesis van die studie, gebaseer op die uitkomste van die literatuurstudie en die Delphi-prosedure, is dat die gedagte van geldigheid konteks-afhanklik is, wat in die geval van beeldgebaseerde navorsing vererger word deur die feit dat ikoniese kodes relatief onstabiel is en dat die proses van visuele kommunikasie 'n sterk tendens na 'eindelose' semiosis toon.

Terug na bo

 

© SENWET
Alle Regte Voorbehou