English

 
Relebohile Morojele
Determining the attitudes/perceptions of retrenched Lesotho migrant labourers from the RSA mining industries regarding education using their career life histories

Die werkloosheidsyfer in Lesotho het 'n ontstellende vlak bereik en hierdie situasie word vererger deur massiewe afdankings by die myne (Central Bank of Lesotho, 2001: 22). Dit is dus noodsaaklik, gegee hierdie agtergrond dat 'n beter begrip van die beroepsgeskiedenisse van afgedankte Basotho trekarbeiders omskryf word om hulle persepsies/houdings jeens opvoeding vas te stel. Daar is individuele in-diepte onderhoude gevoer met 26 afgedankte mynwerkers om data in te samel en 'n gegronde teorie aanslag is gevolg in die analise van die data.

Die lewensgeskiedenisse van die mans is krities ondersoek, vanaf die tydperk wat hulle in diens geneem is in die myne tot hulle indiensneming in die mynindustrieë. Die ondersoek sluit ook die afdankings periode in. Hulle lewens na afdanking is ook ondersoek om vas te stel of hulle vaardighede tydens hulle diens in die myne aangeleer het. Die doelstelling hiermee was om vas te stel of die aangeleerde vaardighede indiensname in ander sektore kon verseker na hulle afgedank is. Die studie toon dat die meeste trekarbeiders nie enige ander vaardighede aangeleer het as wat hulle in die myne gebruik het nie. Dit het daartoe gelei dat hulle nie geskik is vir werk in ander sektore aangesien hulle nie oor relevante vaardighede beskik nie.

Afgedankte trekarbeiders het aangedui dat opvoeding belangrik is, veral vir hulle kinders. Hulle het wel aangedui dat hulle verdere opleiding sou wou ontvang indien hulle weer in diens geneem word of as deel van in-diens opleiding. Die kwessie is egter of hierdie mans in ander sektore in diens geneem sal word aangesien hulle nie oor die nodige vaardighede beskik nie. Dit word dus aanbeveel dat die Lesotho regering beroepsleiding te fasiliteer om hierdie mans aan te moedig om bemarkbare vaardighede te kry as ook om werkverskaffing aan te moedig.

Terug na bo

 

© SENWET
Alle Regte Voorbehou